Kinderporno: Man kry boete

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, is Maandag ʼn boete opgelê in die Rustenburg-landdroshof.

Anthony Louw, ʼn konstruksiewerker, is ʼn boete van R8 000 opgelê.

“Sy naam sal in die register van seksuele oortreders geplaas word,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Ngubane sê die hof het gelas dat Louw hom daarvan moet weerhou om pornografiese materiaal te besit. “Hy kan tronk toe gaan indien daar enige pornografiese materiaal in sy besit gevind word of indien hy weer dieselfde oortreding begaan.”

Daar is seksueel aanloklike en eksplisiete foto’s van jong meisies in Louw se besit gevind. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Louw het glo die name “Shivon”, “Chivonne” of “Chevonne” gebruik om geskeide vrouens en hul dogters op BBM en WhatsApp te bevriend.

Hy het hulle gevlei en die meisies het later vir hom foto’s gestuur waarop hulle kaal poseer. Van die foto’s is glo voor skole in die Rustenburg-omgewing se naamborde geneem.

Louw is na ʼn wenk van die publiek in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Meisie ·

Ja en dan wonder ons nog hoekom neem kindermolestering nie af nie!! Ek reken iemand moet dalk daai Landros se lewe van naderby bekyk!! Geen persoon met verstand sal dink so vonnis is regverdig nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.