Kinderporno: Man se vonnisoplegging uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die vonnisoplegging van ‘n man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, is Woensdag in die Rustenburg-streekhof uitgestel.

Kapt. Elsabe Agoustides, woordvoerder van die polisie, sê die saak teen Anthony Louw is tot 8 September uitgestel aangesien daar op transkripsies gewag word.

Louw, ‘n konstruksiewerker, het vroeër skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie.

Daar is seksueel aanloklike en eksplisiete foto’s van jong meisies in Louw se besit gevind. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Louw het glo die name “Shivon”, “Chivonne” of “Chevonne” gebruik om geskeide vrouens en hul dogters op BBM en WhatsApp te bevriend.

Hy het hulle gevlei en die meisies het later vir hom foto’s gestuur van waar hulle kaal poseer. Van die foto’s is glo voor skole in die Rustenburg-omgewing se naamborde geneem.

Louw is na ‘n wenk van die publiek in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.