Kinderporno: Midrand-man vas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van Midrand is die vyfde persoon dié jaar om in Suid-Afrika in hegtenis geneem te word in verband met internasionale kinderpornografie-netwerke.

Lt.genl. Solomon Mokgale, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die man van Midrand is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die besit en verspreiding van kinderpornografie. Die verdagte het reeds in die Alexandra-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 22 April in die hof verskyn.

ʼn 53-jarige man is vroeër die maand in Grahamstad in hegtenis geneem in verband met kinderpornografie. Die polisie het tydens ʼn klopjag op die verdagte se huis op 16 hardeskywe, ’n skootrekenaar, twee videokameras en twee kameras beslag gelê. Die moontlikheid bestaan dat die verdagte aan Amerika uitgelewer gaan word aangesien die meeste van sy vermeende slagoffers van die VSA is. Hy was glo die webmeester van die webwerf. Die verdagte is op borgtog van R40 000 vrygelaat en moet weer op 28 April in die hof verskyn.

ʼn Paartjie van Port Elizabeth is kort hierna in hegtenis geneem nadat owerhede in België ʼn paar maande gelede ʼn man in Antwerpen in hegtenis geneem het nadat verbode materiaal in sy besit gevind is. Verdere ondersoek het in Februarie tot die inhegtenisneming van ʼn 37-jarige man van Plettenbergbaai in die Wes-Kaap gelei. Die polisie het inligting op dié man se rekenaar gekry wat tot die inhegtenisneming van die paartjie gelei het.

Mokgale het ʼn beroep gedoen op ouers om hul kinders te beskerm deur hul kinders se aktiwiteite op sosiale media te monitor en hulle in te lig oor die gevare wat daarmee gepaard gaan.

Volgens Mokgale verwag die polisie om binnekort nog inhegtenisnemings te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Hoekom borg? Ek wens daar kan net EENKEER n voorbeeld van n persoon wat sulke dinge doen gemaak word, omdat dit wat hul aan jong kinders doen, verewig by die kind gaan bly, maar hy gaan tydelik tronk toe, of tydelik finansieele probleme he, omdat hy dalk net n vet boete sal moet betaal. Dis absoluut siek!

Theresa ·

Kap af wat pla. Maak ‘n voorbeeld van hom…………………….. Sulke gemors is nie nodig in die samelewing nie.

CHRISTA ·

Ek stem saam met jou Theresa, maar toe ek dit gister vir Maroela geskryf het wou hulle dit nie eers plaas nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.