Kinderporno: Rustenburg-man pleit skuldig

Argieffoto

Argieffoto

Anthony Louw, ʼn 35-jarige konstruksiewerker van Rustenburg in Noordwes, het Woensdag in die dorp se landdroshof skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie.

Beeld het Donderdag berig Louw het die dogters van geskeide vroue op sosiale media geteiken om kaalfoto’s van hulle te kry. Volgens die berig het Louw seksueel uitlokkende of eksplisiete foto’s van jong meisies, sommige nog duidelik in puberteit, in sy besit gehad. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Kapt. Elsabe Augoustides, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die dagblad gesê hy sou die name “Shivon”, “Chivonne of “Chevonne” gebruik en bevriend raak met geskeide vroue en dan later met hul dogter op BBM of WhatsApp bevriend raak.

Hy het met die meisies flankeer en hulle het later foto’s van hulself aan hom gestuur waar hulle kaal poseer. Van die foto’s is glo selfs voor naamborde van skole in Rustenburg geneem.

Die polisie het Louw in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk ontvang het.

Augoustides het versoek dat enigiemand wat vermoed dat hulle ook slagoffers was van Louw, om ao. Thinus Else by die Rustenburg-polisiestasie te skakel.

Louw se vonnisoplegging sal na verwagting op 4 Augustus plaasvind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BullsEye ·

Sny af met stomp mes! En waar is die kinders se ouers? Vas aan die slaap!

Klasie ·

Vrot, vrot, vrot samelewing!! Hoeveel sulke varke loop nog vry rond en verslind!? Sit op hok, en brand die hok af.

Mickey ·

Kan iemand dalk my vraag beantwoord “waarom word mense wat hulself skuldig maak aan sulke wanvergrype soos , pornografie ens se gesigte nie op die media gewys nie dan kan onskuldige mense gewaarsku word”

Mickey ·

Kan iemand dalk my vraag beantwoord “waarom word mense wat hulself skuldig maak aan sulke wanvergrype soos , pornografie ens se gesigte nie op die media gewys nie dan kan onskuldige mense gewaarsku word”

lanie ·

Ek srem saam jou. Ek het n soortgelyke ondervinding gehaad met my man. Hy het fotos van my 10 jaarige dogter se privaat dele geneem terwyl ek en sy geslaap het. Gelukkig het ek en my dogter n baie oop verhouding en sy het my kom se. Ek het hom laat toesluit en is bersig om te skei. Maar ek se ook wat van die volgende een mense moet weet van sulke mans veral mammas met kinders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.