Kinderpornografie: Man kry borgtog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Kloof in KwaZulu-Natal is Maandag in die Pinetown-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat pornografiese materiaal van kinders so jonk soos drie jaar glo in sy besit gevind is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die 39-jarige man is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 20 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Die verdagte is Sondag by sy huis in hegtenis geneem. Volgens Naicker het die polisie reeds in Augustus ʼn lasbrief bekom om die man se huis te deursoek waartydens daar op ʼn geheuestokkie beslag gelê is. Daar is glo pornografiese materiaal van kinders op die stokkie gevind.

Volgens Naicker het die polisie se ondersoek maande geduur ten einde genoeg bewyse te kry. Die man word van kinderpornografie en oortreding van die Wet op Rolprente en Publikasies aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

letish ·

Waneer skuldig bevind moet die mens se naam en foto gepubliseer word!

Elfie ·

Ek stem, mens MOET foto’s kan sien sodat mens alle kinders kan wys en waarsku watter “omie” hulle moet vermy en sommer ver weghardloop as hy naby is.

Griki ·

Ag nee, ek kan nie en wil nie glo dat hy borgtog gekry het nie. Nou gaan hy vry buite rondloop en wie weet watse kwaad nog aanvang voordat die hofsaak ‘n aanvang neem. Nee, dis tyd dat die wet verander sodat borgtog nie by sekere misdade toegestaan word nie: Moord, verkragting, gewapende roof, pedofilie/kinderpornografie, en ander geweldsmisdade.

CHRISTA ·

Dit lyk of ons regstelsel nie ‘n bloue duit omgee vir ons kinders nie!! Dan wonder almal hoekom kindermolestering in ons land so drasties toeneem…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.