Kinderregte in SA trek noustrop

Argieffoto

Argieffoto

Die regte van kinders in Suid-Afrika het, volgens die jongste indeks van die internasionale kinderregte-organisasie, KidsRights, agteruitgeboer.

In 2015 het Suid-Afrika nog die 86ste plek uit 165 lande beklee, maar in 2016 het die land na die 109de plek teruggesak.

KidsRights meet die toedrag van kinderregte in ʼn land aan die hand van die reg op lewe, die reg op gesondheid, die reg op opvoeding, die reg op beskerming en die algemene kinderregte-omgewing. Die punte word dan verwerk om ʼn oorsigtelike punt en posisie aan ʼn land toe te ken.

Suid-Afrika vaar betreklik goed, met die reg op beskerming (84) en die kinderregte-omgewing (59 – 66). Met die reg op lewe, vaar Suid-Afrika maar swak en beklee die 127ste posisie, maar vaar nog swakker met die reg op gesondheid met die 134ste plek. Ook wat die reg op opvoeding betref, vaar die land nie te goed nie met die 117de plek.

Wat die algehele posisie betref, vaar Suid-Afrika swakker as Botswana (100ste plek) en Namibië (93ste plek). Altesaam agt Afrikalande vaar beter as Suid-Afrika.

Noorweë beklee die eerste plek, gevolg deur Portugal.

Bron: www.kidsrightsindex.org

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Flibo ·

Nou ? Dis mos nou geen verrasing nie. Dit maak sin met alles wat hier aangaan. Dit gaan nog meer verswak. Daar is nog genoeg geld oor om eers hulle(regering) eie sakke vol te prop.

Irene ·

Daar is net a woord kindrr regte beteken niks vir samelewing maar menseregte is groot al moor jy

Regre ·

Wat kan mens verwag in n land waar kinders meer uitgemoor word as in enige ander land in die wereld. Die ANC en sy leiers kan sit en lag vir die babas wat uitgemoor word, maar julle leiers sal in die geskiedensboeke opgeteken word as onmenslike wreedaards wat net in eie belang opgetree het, dis waarvoor julle tot julle nasate se skande onthou voor sal word.

John ·

SA se kinders word sonder moeders groot. Ma’s werk om die inkomste aan te vul of wil buitenshuis werk. Die ANC se vroueliga wil nog meer verteenwoordiging sien in die parlement, munisipaliteite en werksplekke. Wie voed/pas die kinders op. Verkragtings is vollop, aborsies gedy en klein kindertjies sit verdwaas by swak speelgroepies sonder stimulering en onder swak toesig. Vaak skoolkinders doen saans huiswerk na ‘n lang dag by die naskoolsentrum by moee ma’s wat iets vinnig saamslaan vir aandete. Doofmiddels en pedofiele bedreig skoolkinders se lewensgeluk. Jeugdag fokus op rassisme en neem die aandag weg van die geweldige tekort aan verantwoordelikheid by volwassenes/ouers en die staat.

snoefie ·

wie kan verbaas wees? dit gebeur dan in n land waar die media vergrype teen kinders miskyk sodat Oscar pister ius se saak beter dekking kan kry. john jy slaan die spyker op sy kop. ag uit tien vroue werk vir daardie regte labels aan klere nuwe suv elke twee jaar en om die aanbouings aan die huis te betaal. bogger die kind se geluk en stabiliteit.

Sê maar net ·

Ek stem saam John, maar ek stem nie saam jou nie snoefie. Ek is ‘n ma van twee wel opgevoede seuns, 15 en 8 jaar oud. Ek werk, nie oor ek ‘n nuwe suv of aanbouings wil hê nie. Ek ry ‘n gewone kar en bly in ‘n woonstel, wat nogal heel veiliger as ‘n huis is. Ek werk omdat ek nie onderhoud kry nie en nie kort kort kan hof toe hardloop om te vra vir geld vir my seuns nie. Ek werk om vir my seuns te gee wat hulle nodig het, nie oor ek wil labels dra soos jy sê nie. So, dink bietjie voor jou sê wat jy sê. Daar is baie moeders wat eerder by hulle kinders sou wou wees, deel van alles sou wou wees, maar wat nie kan nie. Ek betaal volle skoolfonds sonder beurse, want al het ons min, daar is altyd iemand anders wat dit meer nodig het as ons. Ek koop self kos, en nee, my kinders is nie ondervoednie. Hulle dra nie lables nie, maar hulle is netjies en hulle hare kort soos dit hoort.

Sê maar net ·

En ook net bygsê, hulle het baie goeie maniere, weet van respek en weet hoe om wat hulle ook al kry te waardeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.