Kinders beseer, honderde klagtes ná Guy Fawkes

Oorblyfsels op Bloubergstrand ná Guy Fawkes op 5 November 2015 Foto: @Reesiebabygirl, Twitter

Oorblyfsels op Bloubergstrand ná Guy Fawkes op 5 November 2015 Foto: @Reesiebabygirl, Twitter

Verskeie persone, waaronder 10 kinders, is Donderdagaand in Kaapstad beseer tydens vuurwerkvertonings om Guy Fawkes te vier.

“Altesaam 16 persone het beserings opgedoen,” het JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

Die stad Kaapstad het 12 persele beskikbaar gestel waar vuurwerke wettiglik afgevuur mag word. “Altesaam 550 personeellede is na die verskillende persele en omliggende gebiede ontplooi,” het Smith bygevoeg. “Ongeveer 21 000 persone het die verrigtinge bygewoon.”

Volgens hom was die drie besigste terreine Table View (7 000 mense), en Maiden’s Cove en Strandfontein Pavilion met 5 000 persone elk. “Hierdie gebiede het ook groot uitdagings gestel wat verkeersknope betref.”

Vyf persone is by Maiden’s Cove aangemeld, waarvan die jongste maar vyf jaar oud is. Meeste beserings is handbeserings.

Die gemeenskap van Bloubergstrand het reeds opgeruim (Foto: @Reesiebabygirl, Twitter)

Die gemeenskap van Bloubergstrand het reeds opgeruim (Foto: @Reesiebabygirl, Twitter)

Beamptes het 16 boetes by die verskillende persele uitgeskryf ter waarde van R6 200. Meeste van die persele is teen 23:00 ontruim en geen groot voorvalle is aangemeld nie.

“Die stad se wetstoepassers het in Houtbaai beslag gelê op vuurwerke ter waarde van nagenoeg R20 000. Hulle het ook vuurwerke in Wynberg gekonfiskeer en twee boetes aan winkels uitgereik wat onwettig vuurwerke verkoop het.”

Die polisie in Parkwood en Ottery het 24 klagtes van die onwettige afvuur van vuurwerke ontvang. Die metropolisie het ook 309 vuurwerk-verwante klagtes ontvang.

“Die stad se brand- en reddingsdiens is omstreeks 20:00 ontbied toe ʼn brand in Table View, in die omgewing van Rietvlei, uitgebreek het,” het Smith bygevoeg. “Alhoewel daar baie spekulasie bestaan oor die ontstaan van die brand, is daar tans nog nie enige bevestiging nie. ʼn Ondersoek sal gedoen word.”

Smith het gesê hulle is oorval met klagtes waarom vuurwerke in die eerste plek nog hoegenaamd toegelaat word. “Die maksimum wat munisipale wetgewing oor brandveiligheid toelaat, is om ʼn verbod te plaas op die afvuur van vuurwerke in openbare plekke. Slegs die nasionale regering het die wetgewende gesag om die invoer, vervaardiging en verkope van vuurwerke te verbied, en die minimum ouderdom te bepaal,” het hy verduidelik.

Volgens Smith was die aand weereens ʼn groot uitdaging vir sy personeel en hy loof hulle vir die ure lange beplanning en uitvoering van die bedryfsplanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n gemors wat nagelaat word vir ander om op te ruim. Praat nie eers van diere wat daaronder ly. Dan ook sommer stukke vingers wat weggeskiet word.
By ons ter plaatse is daar ‘n hele paar karakters wat kan oorneem by Guy Fawkes en alles beter kan opFawks.

Amanda Van Vuuren ·

Doodreg! Guy Fawkes EN OOK Halloween! adopted van Amerika??
Diere & Mense suffer al vir teveel jare! sies kyk hoe lyk daai strand! net mense wat nie ordentlik opgevoed is nie, mors sooooooooooooo en los dit vir andere om skoon te maak!!
Die mens wat n vinger of enige liggaamsdeel verloor, tuff?? Net die kinders behoort nie so gestraf te word nie? Hulle volg maar net die voorbeeld vd ‘volwassenes’ ??!!
Ek praat eerder nie van enige diere wat in hul onskuld id slag bly nie!!
Ek dink n goeie idee is om n klomp cracker happy hooligans op te tel en hul by diere shelters af te laai en hulle te dwing tot lewenslange arbeid daar!!

lila ·

Verbied dit! Dit het NIKS met ons hier in Suid-Afrika te doen nie.

Marius ·

Vat die gemors en gaan foeter dit in die stadsraad se ontvangslokaal neer!

Sue ·

Standbeelde ens ons land se geskiedenis word uit die weg geruim, maar Guy Fawks moet gevier word. Weet bulle ooit wat die betekenis agter die Britse geskiedenis van GF is. Waarom word die massa en betogende studente NIE daarvan I gelig nie?

Retha ·

Ek weet eerlikwaar nie hoekom Guy Fawkes in Suid-Afrika gevier moet word nie. Dit is ‘n Britse tradisie wat deel van hulle geskiedenis is. Net soos Holloween wat ‘n Amerikaanse tradisie is. Het ons so kultureel verswak dat ons nie eens meer ons eie tradisies ken of trots is op ons herkoms. Ons is ‘n land met 9 amptelike landstale. Ek glo ons het meer kultuur en tradiesie as die res van die wêreld saam!!!!

Willie ·

Verbied weer de verkope en invoer van vuurwerke totaal in SA. Indien daar vervaardigers is kan hulle ter wille van werksposte net vir die uitvoermark vervaardig.

Jan ·

Hoeveel van daai mense wat vuurwerke skiet het nie kos om te eet nie maar hy koop die gemors. Voel niks vir daai wat seer gekry het nie

Ken -- Benoni ·

Ek stemsaam maar wil selfs verder gaan — verban alle vuurwerke dit vernietig lewens en is ‘n verpesting nie net vir honde en katte nie maar selfs vir
voëls ook,.

Eliza-beth ·

Dis PRESIES hoekom ek nou die dag op die NSRI berig kommentaar gelewer het hoekom ek dit so haat. Sover ek weet is dit wel wetlik verbied in baie stede maar steeds neuk die mense aan. Arme, arme diere. Vir my is vuurwerkde dieselfde as om te rook; dis soos jy steek met ander woorde ‘n R10 of R20 noot aan die brand en dan is dit weg en jy het niks behalwe (siektes in die geval van rook asook stink asem en klere en absoluut NIKS na vuurwerke) om vir jou geld te wys nie. Dan kla mense so maklik oor duur lewenskoste maar mors geld op sulke gemors.

Izzy ·

Guy Fawkes het NIKS met die geskiedenis van SA te make nie…..Guy het die houses of parliament in Engeland , prober opblaas en toe’s hy betyds gevang.En nou sit ons met die gebakte pere……mense beseer, geld gemors en natuurlik die skoonmaak vd stand ens.

Izzy ·

Guy Fawkes het NIKS met SA te make nie. …hy het die Houses of Parliament (in Engeland) probeer opblaas, maar is toe betyds gestop. Hier is genoeg vakansie-dae en gebeurlikhede wat herdenk kan word.

Jan ·

Stem saam dat vuurwerke verban moet word maar dit sal nie gebeur nie want dit kom van China af en hulle is mos Zuma se pelle

Christie Joubert ·

Jammer, maar ek het geen simpatie met die beseerdes nie. Verban die vieslike goed. Ek sit heel nag op met my diere as die goed afgevuur word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.