Minstens vier persone, waaronder drie klein kindertjies, is beseer toe ʼn brand in ʼn woonstel in Jeppestown in Johannesburg uitgebreek het.
“Brandbestryders het paramedici na die toneel ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Drie seuntjies, onderskeidelik sewe en twee jaar en sewe maande oud en hul 32-jarige ma het geringe brandwonde opgedoen. Hulle is ook vir rookinaseming behandel.”
Die pasiënte is op die toneel behandel en daarna na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.
Hoe maak hulle vuur in ‘n woonstel? As dit agv kerse is, is dit ook vir my belaglik!! My ouma en oupa het net vir die laaste 3 jaar op die plaas krag gehad wat deur ‘n kragopwekker voorsien is. Voorheen het hulle NET kerse en lampe gebruik, maar NIKS afgebrand nie!! Weet ons nuwerwetse mense nie hoe om met kerse te werk nie?? Verkoop kerse met ‘n handboekie hoe om dit te gebruik – DIT SAL DALK HELP!!!