Kinders brand dood op Limpopo-plaas

Foto: Pixabay

Twee peuters het Dinsdag op ʼn plaas buite Musina in Limpopo doodgebrand.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op ʼn plaas in die Tshipise-gebied gebeur.

Volgens Ngoepe het die twee kinders, onderskeidelik 20 maande en drie jaar oud, in ʼn kamer in ʼn huis op die plaas gelê en slaap. “Die kinders se ma het na ʼn ander huis gegaan om kos te maak. Terwyl sy besig was om kos te maak, het sy haar bure hoor skree en haar naam hoor roep,” het hy gesê.

“Sy het uitgehardloop en gesien die huis waar sy haar twee kinders gelaat het, was aan die brand. Albei kinders het in die brand gesterf.”

Ngoepe het gesê die SAPD veroordeel die dood van die twee kinders. “Lede van die gemeenskap, veral ma’s, word aangemoedig om hierdie soort voorval te vermy deur ten alle tye en behoorlik na hul kinders om te sien.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Apie ·

Dis baie hartseer. Nou gaan die boer seker weer verantwoordelik gehou word.

Veritas ·

Wat is dit met die woord ‘peuter’ ? Sover dit my kennis strek is dit ‘kleuter’.

Lukas ·

@veritas, n peuter is n kind tussen 1 jaar oud en gewoonlik 4 jaar (maar tot die intrap van kleuterskool) dus is hierdie peuters.

ronel bester ·

N peuter is n baba tussen 1 en 2 jaar, n kleuter is tussen 3 en 5 jaar voorskool 6 jaar. Is maar wat ons in kleuterskool opleiding geleer het. Hoop dit antw jou vraag op die peuter gedeelte.

Dalene de Vente ·

Dagsê Veritas

Baie dankie vir jou kommentaar. ‘n Peuter word beskou as ‘n kind wat ouer as ‘n baba, maar jonger is as ‘n kleuter. Van 18 maande – 4 jaar word ‘n kind as ‘n peuter beskou en tot ongeveer 6 jaar, ‘n kleuter. Ons hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Dalene
nms Maroela Media

Flippers ·

Apie ek stem saam..dis seker nou weer die boer se skuld, vaand op TV

E ·

…en regeringsamptenaar sal n besoek aflê en nopruiende politieke toespraak afsteek. Ssal hy ook n draai gaan maak in Phalaborwa by die Harmse -gesin? Ek twyfel, dis mos net nog n bejaarde wat wreed aangeval is, nê!

Borraline ·

Twee kleintjies brand dood en mense koukus oor kleuter of peuter. Wys net hoe het ons so verhard in hierdie land van daaglikse moord en doodslag dat ons gedagtes wegdwaal van realiteit. Ekt laasweek amper my kinders se huis afgebrand met n pot kookolie. Toe eers weer besef hoe vinnig n brand ontstaan en hoe kosbaar n lewe is.

SA ·

Dit is sekere mense wat ons so verhard maak. Geen gevoel meer vir hulle nie.

Johnny ·

Dit is tragies. Ek wonder of die mense wat elke dag brandstig, ander mense se plase en huise en trokke aan die brand steek nou tweemaal sal dink voordat hulle dit weer doen? Onskuldige kinders sterf maar hulle is ‘angry’ hulle betoog weens ‘dienslewering’ en glo as iets brand dan behaal hulle groot sukses.

Pop ·

En hoe sal hulle nou voel as daar oomblik van stilte gevra word en almal lag .

Asjas ·

So gevoelloos as wat dit klink het ek nogal dieselfde gewonder.
Ek het beslis verhard oor die jare, bitter min onstel my deesdae, voorheen sou ek in ‘n toestand wees sonder dat ek die mense ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.