Kinders brand dood wyl ma glo in sjebien kuier

Twee kinders het doodgebrand en ‘n derde het ernstige brandwonde opgedoen. (Foto: Ekurhuleni-nooddienste)

Die verkoolde liggame van twee jong kinders is in ʼn hut by die Ramaphosa- informele nedersetting in Ekurhuleni gevind.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê reddingswerkers het vroegoggend ʼn noodoproep ontvang dat die huis aan die brand is.

Bure het reeds begin om die vlamme te probeer blus.

(Foto: Ekurhuleni-nooddienste)

“Die brandweer het oorgeneem en nadat hulle die brand geblus het, het hulle op die verkoolde liggame van twee jong kinders afgekom. ʼn Derde kind het ernstige brandwonde opgedoen en is na die OR Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg geneem,” het Ntladi gesê.

Volgens inligting is die kinders op hul eie gelos terwyl die ma na ʼn nabygeleë sjebien is. Sy na ʼn soektog opgespoor en was glo onder die invloed van drank.

Die vrou het sedertdien spoorloos verdwyn.

Ntladi het gesê die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Dis nou vir haar wat ek lewenslank tronk toe sal stuur.

Persheks Adri ·

Hoe op dees aarde los jy jou kinders alleen by die huis??? Dis nou deur sulke mense dat die verbod WEER in gestel sal word en neem kennis ek drink nie eers nie!

Sterkte aan die familie en die kind wat erg brandwonde opgedoen het mag jy gou herstel!

Lorette ·

Wat de ongeluk het sy daardie tyd “vroegoggend” in ‘n shebeen gesoek!!! Moes dit nie al 10uur gesluit het nie? Sy verdien nie om ‘n ma genoem te word nie!!!!!!!So jammer vir die arme kinders.

4ntj13 ·

Iemand wat dit aan sy kinders doen, moes hulle in die eerste plek nie gehad het nie. Dis ʼn skreiende skande hoe ʼn groot deel van die mensdom grootgeword het en steeds doen; ʼn skande hoedat “niemand” ooit genoeg daaruit geleer het nie. Ek laat my nie maklik vertel daar is enigiets onder ons inter-menslike dinge belangriker as om onbeplande bevolkingsaanwas dringend, heeltemal te stop nie.

Johann ·

Wat n legacy! Om n plakkerskamp na jou as president van die land vernoem te hê? Maar dan is onse president nie juis te veel gepla oor wat hy voor pa staan in terme van vergrype en verwoesting en gewetenlose mags misbruike nie. Hys actually trots op hom en sy comrades se “werk”. So ewe sy COVID toesprake met “my fellow South Africans”…bedoelend his people?

Shame in you!!!!! Om te dink kinders mag en kan nie skool gaan nie, maar hulle is afhanklik van voeding skemas by skole?

Sarel ·

Sjibeen 10h00 sluit aikonna. Word aan geen wette en regulasies gebind nie en was nog altyd aktief

Hans ·

Almal blameer die ma, sy moes seker van haar sassa geld vir 3 kinders ontslae raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.