Kinders dood toe hulle oor kabel struikel

Ontblote kragdrade in ‘n nedersetting in Johannesburg. (Foto: Verskaf)

Twee kinders het doodgeskok nadat hulle oor ʼn lewendige kabel gestruikel het. Die kabel was glo ontbloot weens onwettige kragverbindings.

Volgens City Power, Johannesburg se kragverskaffer, het die voorval in ʼn informele nedersetting in Cleveland gebeur.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê dit is die sesde skokvoorval dié jaar, en kan glo toegeskryf word aan onwettige kragverbindings in gebiede reg oor Johannesburg. In die afgelope twee boekjare is 21 gevalle aangemeld waar mense doodgeskok is.

“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om inwoners net weer te waarsku oor die gevaar wat onwettige verbindings inhou. Mangolongolo, die nedersetting waar die mees onlangse voorval gebeur het, is ʼn brandpunt vir onwettige verbindings en die beskadiging van infrastruktuur.”

Mangena sê onwettige verbindings kos die stad ook miljoene rand aan inkomste.

ʼn Span is na die omgewing ontplooi om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jacques ·

Hopelik word die skuldige mense wat die onwettige verbindings maak aangekla van strafbare manslag en die mense wie se huise verbind is met die onwettige verbindings moet aangekla word vir diefstal!!

Vonkprop ·

Kinders is dood en weer gaan niks hiervan kom nie. Our people dreig met geweld as iemand kom om die verbindings te verwyder en die regering sal geskok bly oor die situasie.

Nie Verbaas ·

Die kinders se tragiese dood sal seker as kollaterale skade afgeskryf word. Mens kan net dink hoe gevaarlik dit is om daar te loop wanneer dit reen en die grond nat is. Hierdie misdadigers moet gearresteer word. Glo egter nie dit sal gebeur nie. ANC wil nie stemme verloor nie.

Jdb ·

Wat is ‘n “informele nedersetting”?
Is dit dalk ‘n onwettige plakkerskamp?

Johnny ·

Dis presies wat dit is, maar die media is te bang om dit so te noem. Netnou neem iemand aanstoot.

christo ·

En gaan die SAPD ooit die skuldige ‘ elektriese ingenieurs ‘ vastrek en aankla van strafbare manslag en al die ander verwante klagtes? Mense wat baat vind by onwettige kragverbindings wéét presies wie vir hulle die ‘ werk ‘ doen en daarvoor betaal. Laat ek nou met my kragmeter karring, dan word ek gearresteer, aangekla, skuldig bevind en kry ook ‘n kriminele rekord.

Truthful ·

Dis die onskuldige lewens van. Jong kinders..geen geld ter wereld kan hul terug bring

Jackie ·

Die EFF het moontlik iets beet wanneer hulle gratis krag aan die plakkerskampe en ‘grant’ ontvangers belowe. Hulle betaal in elk geval nie en n gesonde infra struktuur kan ook n gesonde gemeenskap tot gevolg hê. Ek wil net nie verantwoordelik wees om die rande en sente te bereken wat dit sal kos en wie daarvoor gaan betaal nie.

Di ·

Rooikappie leef in ‘n droom wereld! Hierdie is nie Zimbawe waar hy vandaan kom nie.

Frank John ·

Ek hoop die ouers van daai kinders staan op teen die onwettige verbindings in hul area.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.