Kinders ernstig beseer toe hulle besige pad oorsteek

Argieffoto

Twee kinders is deur ʼn bakkie getref toe hulle ʼn besige pad probeer oorsteek het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste het Dinsdag omstreeks 15:32 by die toneel opgedaag. Dit het by Malibongwe-rylaan in die North Riding-area van Randburg plaasgevind.

“Dit lyk of die seun (10) en die dogtertjie (8) die pad probeer oorsteek het toe hulle deur ʼn bakkie getref is,” het Botha gesê.

Albei kinders het ernstige beserings opgedoen.

“Die een kind is met ʼn helikopter na ʼn spesialishospitaal gehaas en die ander een is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Uvonka ·

Liewe genade dit is tragies maar HEL, wat soek twee klein kindertjies alleen op die besigste hoofpad in Randburg?

Uvonka1 ·

Hul het maar net gekyk of daar blommetjies groei….
Verwyte sal nie nou help nie….sorrie…wou nie lelik wees nie.

MissDemeanor ·

Ja dis maklik vir jou om te s^e want jou leqe is meer gemaklik as die van ander. Wie weet dalk bly jou kinders eendag in n shack langs die hoofweg (soos dit met ons ekonomie gaan is enige iets moontlik…enige iets wat sleg is) En dalk word jou kleinkinders deur n kar getref. Ek hoop regtig dat dit nie sal gebeur nie. Niemand verdien dit nie.

paula ·

Seker opad skool toe. Nie almal het die gerief van motors nie.

JPZEL ·

Hi Paula, in watter deel van Randburg begin die skole eers om 16:00 as die kinders om 15:32 oppad was skool toe?

Arie ·

Bakkie bestuurder moet van onverskillige bestuur en poging tot moord aangekla te word.
Hy het klaarblyklik nie met die nodige voorsig en versigtigheid bestuur nie.

ashley ·

Arie, jy moet my tog kom wys waar daar n voetgangers streep op n hoofweg is. Ek sal graag dit wil sien! Die bestuurder het gery waar hy mag en ons ken nie die omstandighede nie so om nou klippe te gooi gaan ons nie iets in die sak bring nie. As jy iemand die blaam wil gee sal dit veel eerder die ouers moet wees wat hul jong kinders laat loop waar hul lewe duidelik in gevaar is.

snoefie ·

die kinders het ONGETWYFELD versuim om links, regs en weer links te kyk voordat hulle die pad oorgesteek het. waarvan moet hulle aangekla word arie? hulle ouers, onderwysdepartement (sommer ou sofi homself) en onderwysers moet van kinderverwaarlosing en pligsversuim aangekla word.

koos ·

Ek hoop die kinders EN die bestuurder v.d. bakkie is van dieselfde ras, anders word Randburg ook afgebrand soos Coligny.

MAgda ·

Hoop die 2 kinders gaan okay wees – Ek hoop ook so – sien nie kans vir nog skade nie – dit is al wat ons belasting betaler deesdae met die geld betaal – opbou wat afgebrand word – Niks word verbeter nie – want al die geld gaan vir opbou. Regtig tragies wat in ons land aan die gebeure is.

Liza ·

Miskien was dit niemand se skuld nie,maar ‘n ongeluk. Die bakkie ry waar hy moet soner om te jaag. Die oues werk en die kinders loop huis toe na skool en hulle besluit soos kinders om net die dag ‘n kort pad te vat. ‘n Jaar en ‘n half terug was hier by ons presies dieselfde geval. Die meisietjie het ingedagte oor die pad gehardloop. In haar geval het die klok gelui en sy het sonder om te dink voor die bakkie ingehardloop. Sy is opslag dood. Sy was 9. Haar ouers en ons bly in dieselfde woonstel blok reg oorkant die skool. My eie kind moes op 10 tot 3 km huis toe loop. Ongelukke gebeur.Net ‘n gedagte.

SARIE VAN HEERDENs ·

Wat soek ‘n 8 en 10 jarige kind sonder toesig op ons paaie. Hulle is nie net vir hulself ‘n gevaar nie, maar ook vir die aankomende verkeer. Beboet die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.