Kinders getraumatiseer maar terug by kinderhuise

Kinders word uit die kinderhuise verwyder. Foto: Newcastle Advertiser

“Dit was baie traumaties vir die kinders, maar ons gaan nou probeer om hulle terug in hul normale roetine te kry.”

Só het ds. Gerhard Botha, uitvoerende hoof van die KwaZulu-Natalse Christelike maatskaplike dienste (CSS), gesê nadat die sowat 200 kinders wat verlede naweek uit drie kinderhuise in KwaZulu-Natal verwyder is, almal weer terug is by onderskeidelik Môrester Ladysmith, Môrester Newcastle en Huis Meah.

“Al die kinders is terug afgesien van twee wat in die hospitaal opgeneem is vir epilepsie. Dit gaan goed met hulle in die omstandighede. Die een kind het ook ʼn epileptiese toeval gekry toe die kinders verlede naweek verwyder is.

“Dit kon so anders gewees het as die departement net met ons gekommunikeer het. Ons personeel gee berading aan die kinders en ouers uit die gemeenskap staan ons ook by.”

Phili Mngomezulu, een van die kindersorgwerkers by Môrester Newcastle, by die ingang wat versier is in afwagting op die kinders se terugkeer. (Foto: Anel du Preez)

Die CSS se regspan was Vrydagmiddag terug by die hof in Pietermaritzburg nadat die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling nie gehoor gegee het aan die hofbevel om die kinders na die huise terug te bring nie. Die hof het Woensdag gelas die kinders moet binne 36 uur teruggebring word.

Volgens Botha het die eerste kinders teen Vrydagmiddag begin terugkeer. “Ons eerste doelwit was om die kinders veilig terug te kry. Ons tweede prioriteit is egter nou om die departement verantwoordelik te hou aangesien hulle die hofbevel geïgnoreer het waarvolgens die kinders teen Vrydagoggend reeds terug moes wees.”

Maroela Media het vroeër berig die kinders is verlede Vrydag en Saterdag skielik deur beamptes van die departement uit die kinderhuise verwyder en onder dwang na onbekende bestemmings geneem.

Van die kinders het papiere op die vensters geplak waarop hulle aandui dat hulle nie uit die kinderhuis verwyder wil word nie. Foto: Newcastle Advertiser

Die departement voer aan die kinders is verwyder nadat bewerings van fisieke, verbale en emosionele mishandeling, asook rassisme by een van die kinderhuise, onder die departement se aandag gekom het.

Botha het gesê die CSS sal intussen steeds poog om die departement van minagting van die hof skuldig te laat bevind. “Die ergste daarvan is dat hulle bereid was om die kinders se belange op te offer.”

Die ondersoek na die bewerings van fisieke, verbale en emosionele mishandeling, asook rassisme gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ella ·

Die ouens wat die besluit geneem het is veronderstel om die nodige maatskaplike opleiding te hê om te weet dat hierdie sinnelose daad trauma vd kinders sou veroorsaak. Iemand se ego was groter as sy verstand!!!!
Hoop IEMAND dagvaar die betrokkenes!!!

Cornelia ·

So dankbaar. Dankie MM dat u die spoor warm gehou het. Nou kan mens weer vorentoe kyk en vertrou dat so iets hom nooit weer sal herhaal nie.

Trol ·

Aan die eenkant wonder ek, kom dke wraak ds Botha toe? Maar die werelden sy maat is sielsalig moeg vir die wolfskreeëry en rassisme huilery. Dis in elk gevalnet ekskusies om striemde haatgierige aanvalle op wit mense te loods.

Sê maar net 1 ·

Hoe belaglik om te vra kom die wraak die ds toe. Hy neem nie wraak nie maar laat die gereg sy gang gaan. Moet ons almal nou kriminele oor die hoof sien en niemand ooit leer daar is gevolge vir hul dade nie en hoe om die regte besluite te maak nie? Ek verwys na Trol se eerste sin in Trol se kommentaar.

Sê ook maar net ·

Maar natuurlik kom die wraak hom toe. Ek hoop hy gaan deurdruk al gaan die hof die departement se kriminelel opteede oor die hoof sien

Johann ·

Om te dink die gewetenlose sotte het mag en pag in hand om op hoorse, weerlose kinders te traumatiseer… EN WEG TE KOM DAARMEE? Geen gevilge ip hulle persoon of werk nie? GEEN maar GEEN begrip vir of van so n trauma op n kind nie… SIEJ!

Oujongvrou ·

Baie baie jare terug het ds Ouboet Wessels (ladysmith Danskraal gemeente)begin geld insamel vir daai kinderhuis. Was sy groot passie en droom. Voor sy dood uiteindelik die deure kon oopgooi. Elke kerk het n huisie gekry met sowat 10 kinders en n ouer wat hulle moes onderhou, en gevoel van by die huis gegee vir die kinders . Familie klerekas het elke jaar vir die matrieks hulle klere verskaf, wat hulle self gekies het, ongeag die prys. Hoe sit ek nou en huil met die onthou. Ek is baie jare terug al daar weg, maar ek weet die regering het nie gehelp met die bou van dit nie , ons as gemeente het hard geld ingesamel.

My mening ·

So bly hulle is veilig terug en dankbaar vir die wat vir hulle geveg het. Ek wonder steeds wat die werklike rede vir die skielike verwydering was. Die mense wat daarvoor verantwoordelik was, gee duidelik niks vir die kinders om nie.

Neels ·

Is ek net so bly hulle is terug by die omgewing wat hulke ken . Lees ek in ander media dar is glo gereageer op n video wat iemand geneem het waar n opsigter glo met n vuurwapen geloop het en neerhalende aanmerkings op die werkers gemaak het in 2017. Hoekom nou eers bekend maak en wat is die agenda van die video maker. Hookom nie by Die dominee rapporteer nie

Mickey ·

Ek is so verlig. Was baie bekommerd oor die kinders. Hulle gaan vanaand rustig slaap in n bekende omgewing.

Amelita ·

Kon solidariteit hierdie is nou iets waar julle moet help, tree op teen oor hierdie mense wat kinders verwyder het.
Dit kan ni net daar gelaat word.

Lorette ·

Amelita, ek stem, hier moet Solidariteit ook help. Ek het saam met ‘n Maatskaplike werker gewerk in die gemeenskap waar my man predikant was. Mens kon nie net eenvoudig kinders verwyder sonder dat daar met ouers en kinders konsulteer is nie. Daar is sekere paaie wat gevolg moet word. Ons regering gee nie ‘n duit om vir wat in hierdie land besig is om te gebeur nie, inteendeel, baie mense is nou slegter as af voor 1994. Dit is die woorde van ons kantoor se bode! Hy self het pleegkinders in sy sorg al vir jare. Iemand sal moet veg vir die kinders, veral aangesien hulle nie wou gaan nie volgens die berigte wat ek gelees het. Ek en my man het self as pleegouers opgetree en weet hoe sleg dit is as ‘n kind so ontredderd is dat hy/sy in pleegsorg geplaas moet word. Dan word hulle nog weer verwyder vanwaar hulle veilig gevoel het en dan weer teruggeplaas. Mense, dit is nag vir die kinders. Ek bid dat hulle die nodige berading sal ontvang sodat hulle weer veilig kan voel.

aj ·

Meer MAG as verstand!!!

Soos by Esidemeni en soos Zuma en vele ander ANC kaders.

SWAAR STRAWWE …. tronkstraf!

Sal die magsdronk ANC kaders leer om eers te dink voordat hulle mense se lewens vernietig …. en selfs ‘n land (RSA) verwoes!

Arrogante, eiegeregtige aanmatigende, breindood ANC kaders!

Grassie ·

Dankie aan MM dat hulle ons op hoogte gehou het met die verloop van hierdie gebeure. Wat my ietwat pla is dat die ware rede vir die verskuiwing van die kinders verswyg word. Is dit miskien ras-verwant, wat is die ras van die kinders? is hulle dalk verwyder omdat die meeste wit was? Waarheen was hulle geneem? MM het tog goeie joernaliste wat dit kon ondersoek. Ek hoop regtig nie MM begin ook nou dinge verswyg wat nie polities korrek is nie.

Regtig? ·

As jy na van die foto’s kyk sien jy daar is nie net een ras nie. MM is verniet en as jy voel hul is nie 100% eerlik nie kan jy betaal om nuus by ander plekke te gaan lees? Nie ALLES in die lewe gaan oor ras nie en as dit was verander dit steeds nie die feit dat kinders getraumatiseerd is nie.

Takkie ·

Begin nou? Mens! Hulle loop lankal die politieke korrekte pad. Hulle swyging en nie plasing van eerlike onrassistiese kommentare wat die doodskis duo en coligny manne, die chris hart en penny sparrow, vicky momberg en andere se hofsake in komedies verander

JoeV ·

Ook baie nuuskierig om te weet waarheen hulle geneem is, om te sien wat is die toestand van die plekke waarheen hulle geneem is, is die plekke onder beheer van kaders, is die meerderheid kinders blank en Afrikaans, wat is die volgende stap in die vervolging van die mags misbruik, is die staatspresident en internasionale pers bewus van wat hier gebeur het en die oorsaak daarvan, en en en ….

Gert van Wierdapark ·

Die optrede vsn die depaartement was dalk die gevolg van ‘n Harsing-gallop of Brain storming in Engels. Daar is seker weke beplan ens om dit met militere presiesheid uit te voer. Hulle het darem nie ” gefail to plan nie”, maar ” geplan to fail”. Nou kan iets darem op die maandstate ingevul word: Nuus-makker van die jaar!

Sak ·

Baie dankie aan al die wat betrokke was om te verseker die kinders word terug besorg. Maroela, dankie vir die dekking.

Eben ·

Nou was die slapgat manne van cele ook teenwoordig met die terugbring van die kinders … hulle was so voldaan met geweer ens met die kinders te onwettige verwydering. Snaaks dat CR so stil is, omdat meerderheid wit kinders is …….

Hoekom? ·

‘n Blote oefenlopie gewees vir produkteverskaffing aan die organemark/mutimark? Maar toe besef hulle die samelewing gee nog om….

Alma ·

Sjoe, hoe skok jou kommentaar my nou. Maar ek is seker dis nie onmoontlik nie. Wie gee dan nou vir weeskinders om…. die waarheid is soms erger as fiksie. Net bly hul is almal terug waar hul veilig is.

Anita ·

Is daar geen kinderlose of ander egpare in daardie omgewing wat hul huise as pleegouers kan oopmaak vir die kinders nie?

JAN ·

traai weer:
Rassisme is nie die probleem nie.
Dit gaan oor die 2 lywige kinder wette en Christelike opvoeding waarteen die Vrydenkers en OGOT ‘ers gekant is. Daar was ‘n opspraakwekkende hofsaak oor Christelike opvoeding in staatskole. Geen geheim. Googloer

ano ·

Hoe het hulle besluit WATTER kinders moet verwyder word? Sommer net ingetap en voor die voet kinders “gevat”?

E.K. die eerste ·

Hierdie was ‘n GROOT onreg wat teenoor onskuldige kinders gepleeg is. Indien daar rassisme of mishandleing van enige aard watookal was, ondersoek dit maar moenie net kinders voor die voet traumatiseer nie! Aan alle Maroelalesers: asseblief ondersteun kinderhuise. Selfs ‘n klein aftrekorder per maand kan help. Of kies een en raak betrokke – stuur gereeld ‘n pak met goed soos skoonmaakmiddels, toiletware ens. Elke ding help. Ek vra mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.