Die polisie het Sondag teen ongeveer 18:00 bevestig ʼn groep van 15 kinders, tussen 13 en 15 jaar, is gevind nadat hulle na bewering ontvoer is.
Die vermeende ontvoerder is nog voortvlugtig.
Maroela Media het vroeër berig die kinders het Saterdag verdwyn nadat ʼn sportafrigter hulle vermoedelik ontvoer het.
Tebogo Molefe het na bewering Saterdag omstreeks 08:00 altesaam 29 kinders, tussen 13 en 15 jaar, geroep om ʼn taxi na Khutsong te ontbied vir ʼn sokkerwedstryd, het die Gautengse polisie in ʼn verklaring gesê. Die kinders het hom gehoorsaam, want hulle het hom vertrou omdat hy hulle sokkerafrigter is.
Die kinders het by Khutsong South se speelgronde opgedaag en vir Molefe gewag. Hy het omstreeks 17:00 opgedaag en nege meisies en ses seuns saam met hom in ʼn taxi na Oberholzer-treinstasie geneem. Van daar het hy hulle na Standard House in Simmondsstraat in Johannesburg geneem.
Die 15 kinders is daarna as vermis aangemeld.
Prys Jesus ??
Wat n bose afrigter! Wat sou hy wou bereik het?
Is hy van S A of n buitelander?Of hethy dit vir n buitelander gedoen? Hoop hulle vang die gemors.
Alle dank aan ons Hemelse Vader dat hulle veilig gevind is.
Dis hoekom kinders nie meer die strate kan invaar om loterykaartjies te verkoop soos in die ou dae nie.
Boko Haram? ISIS? Klink na hulle styl.
en natuurlik is geen besonderhede bekend gemaak nie.
Dit is absoluut verskriklik! Hierdie man het hierdie kinders se vertroue gehad. Hoe durf hy so n verskriklike ding doen?!!! Ek hoop hulle vang hom baie gou! Baie mense word hoe bedrae betaal om kinders so te ontvoer vir seks slawe of slawe arbeid. Ons moet baie bid mense, evil is oral rondom ons..
Ek hoop die man word gevang, toegesluit en die sleutels verdwyn. Dankie Vader die kinders is veilig.