Kinders glo alleen, sonder kos

Argieffoto

Argieffoto

Twee kinders, twee en vier jaar oud, is deur die polisie en maatskaplike werkers verwyder nadat hulle alleen in ʼn huis in Mecklenburg, Limpopo gevind is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle het ʼn klag ontvang oor twee kinders wat in ʼn huis huil en nie kos het nie. “Dit blyk dat die kinders al vir ʼn geruime tyd alleen is. Dit is nog nie duidelik waar die kinders se ma of ander gesinslede is nie,” het Mulaudzi gesê. “Die twee sal in ʼn plek van veiligheid gehou word terwyl die saak ondersoek word.”

Intussen het ʼn 21-jarige vrou in die Motetema-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing. Die saak is tot 14 Januarie uitgestel en die vrou is op borgtog van R500 vrygelaat. Die vrou is Saterdagaand in Mooihoek in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee kinders, twee en drie jaar oud, in ʼn huis toegesluit en in ʼn kroeg gaan kuier het. Die kinders is intussen ook na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sollie ·

ERG! En nie een van hulle het gevra om gebore te word nie. Party “mense” gaan lesopsê eendag….

Drieks ·

Ek dink ons skole kort ‘n goeie vak oor ouerskap Sollie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.