Kinders glo bedwelm, verkrag

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Twee jong meisies is glo die afgelope naweek in Phuthaditjhaba in die Vrystaat deur ʼn man verkrag nadat hy hulle glo aangesê het om dagga te rook.

Die voorval het eers aan die lig gekom nadat die jongste kind begin kla het dat sy siek voel.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die ma van ʼn vyfjarige kind het haar Sondag om 10:00 begin uitvra oor hoekom sy so siek voel. Die kind het haar ma toe vertel dat ʼn man, wat glo aan haar bekend is, haar en ʼn vriendin (8) forseer het om dagga te rook.

“Albei meisies is na die polisiestasie geneem, waarna hulle dadelik na ʼn hospitaal toe is vir verdere ondersoeke,” sê Mophiring.

“Die dokter het tydens die ondersoeke agtergekom dat albei kinders bedwelm en boonop verkrag is.”

ʼn Verdagte is kort daarna op twee aanklagte van verkragting en twee aanklagte van poging tot moord in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Makwane-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het Dinsdag haar skok oor die voorval uitgespreek.

“Dit is ʼn verskriklike voorval waar deur geen ouer of kind behoort te gaan nie,” sê sy.

“Ek hoop die wiel sal draai sodat geregtigheid kan geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Hoekom verkrag en hoekom KINDERS(!) verkrag?! Hierdie man behoort die doodstraf te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.