Kinders glo in hul beddens doodgesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, wat na bewering sy twee kinders in hul beddens met ʼn mes doodgesteek het, het Woensdag in die Ladysmith-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Shooz Magudulela, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê Mkhonzeni Bernard Mdladla (33) is Dinsdag in die Ladysmith-sakesentrum in hegtenis geneem.

“[Mdladla] het Maandag omstreeks 20:00 na sy voormalige vriendin se huis in die Gudlintaba-gebied in St Chads gegaan, waar die kinders, wat vier en ses jaar oud is, in hul beddens geslaap het,” het Magudulela gesê. ʼn Onderonsie het ontstaan en die kinders se ma en ouma wat by die huis was, het glo uit vrees vir Mdladla weggekruip.

“Mdladla is na die kinders se kamer, waar hy hulle glo met ʼn mes in die nek en maag gesteek het voordat hy gevlug het,” het Magudulela gesê. Bongukwenza Mlungiseni Mdladla (4) en Thandiwe Lusanda Madladla (6) is op die toneel dood.

Die saak teen Mdladla is tot 29 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy sal in polisieaanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Ek het n vraag om te vrae….Hoekom het mense nog kinders. As jy die media lees is dit net waar kinders vermoor word..van hulle is nog babatjioes en die meeste deur hul eie ouers of n vriend….en dit ook gewoontlik na n russie. Mense voorbehoedmiddels word gratis gegee by klinieke met n doel…vir mense soos julle..gebruik dit…Kinders is onskuldige goedjies…geskenk van God…vir jou geleen om na Sy Wil groot gemaak te word. God gaan nie die met toe oe laat verby gaan nie…My hart huil elke dag want elke dag lees jy nou van kinders wat of vermoor of verkrag of mishandel word..of alles in een……

Gesiggie ·

Kinders is die ankers wat n Moeder aan die lewe verbind……. Hoekom vra ek, hoekom moet jul altyd jul wraak op die kinders uithaal… hul wat so onskuldig is: wat nog n lewe voor hul het, wat nog die lewe moet ervaar… nou kom iemand soos jy jou monster en jy besluit om 2 onskuldigge kinders van 4 en 6 jaar met n mes dood te steek… ek weet nie hoe maar hul het jou van? sy was jou voormaligge vriendin die Ma… ? ek weet die Ouma en Ma was bang en verskrik”’ hul het gaan wegkruip? seker nooit eers daaraan gedink dat die vark, die kinders sal dood maak.. ek hoop jou gewete pla jou so ( as jy ooit so iets het) dat jy vir die res van jou lewe geeste voor jou sal sien …. wat jou so sal pla… dat jy nie meer kan nie… ek kan die onreg aan kinders nie meer hanteer… Weereens… BRING DIE DOODSTRAF TERUG VIR MENSE SOOS DIE”’Hul verdien nie om te lewe…

Gemors ·

Uitdaging vir Gillian Schutte en mense regte komissie! Ek gaan niks meer se nie anders beland my siel in die hel! Ons daag julle uit om hierdie probleem op te los, hierdie kindertjies het mos self die mes gegryp en hulself vermoor, die polisie, Ma en Ouma is mos nou skuldig hul is onregverdig teenoor die Pa wat net die mes vasgehou het!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.