Kinders in brandende huis vasgekeer

Argieffoto

Argieffoto

Twee kinders van Jabulani in Soweto, Johannesburg, is oor die naweek dood nadat hulle sonder toesig in ʼn brandende huis vasgekeer is.

“Die kinders was alleen in die huis toe die brand uitgebreek het,” het ao. Kay Makhubela, ʼn woordvoerder van die polisie, gesê. “Bure moes by die huis inbreek om die kinders te red.” Die kinders is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met hul aankoms dood verklaar.

Volgens Makhubela wou die kinders se ouers boonop hul liggame uit die hospitaal verwyder sonder om die polisie in kennis te stel.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word, en die ouers sal waarskynlik van kinderverwaarlosing aangekla word,” het hy bygevoeg. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.