Kinders in ENB-advertensie glo “nie spontaan nie”

Die stof rondom Eerste Nasionale Bank (ENB) se “You can help”-advertensie het nog lank nie gaan lê nie, ten spyte daarvan dat dié bank Vrydag amptelik om verskoning gevra het vir hul veldtog.

In ʼn nuwe wending berig die koerant The New Age dat die kinders glo elk R3 500 per dag betaal is om in die advertensie te verskyn, en dat die kinders wat in die advertensie verskyn, voorgeskryf is oor wat hulle moet sê. Dit volg nadat ENB gesê het die video’s in die veldtog is ʼn spontane en ongesensorde produk van die oorspronklike opname onder kinders en jongmense tussen 10 en 22 jaar. Die bemarkingshoof van ENB, Bernice Samuels, voer aan dit is aanvaarde praktyk om mense te betaal wat in ʼn advertensie verskyn. Volgens Samuels was die oorspronklike onderhoude inderdaad spontaan, en is die finale advertensie ʼn verwerkte weergawe van dié onderhoude wat deur ENB se bemarkingspan goedgekeur is voordat dit opgeneem is.

ʼn Direkteur van ʼn vooraanstaande advertensie-agentskap, wat verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media bevestig dat die proses wat ENB gevolg het, algemene praktyk is.

The New Age word besit deur die Gupta-familie wat heelwat politieke bande het, onder meer met president Jacob Zuma en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings.

Lees ook:
FNB vra om verskoning vir veldtog

http://youtu.be/m7Vyj9b1NyY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.