Kinders ‘is voorgesê’ om teen wag te getuig, hoor hof

Argieffoto

Die verdediging in die verhoor teen Johannes Molefe, die veiligheidswag van die AB Xuma Primary School in Soweto wat van verskeie seksuele aantygings aangekla word, sê daar was te veel teenstrydighede in die getuienisse van die kinders wat teen Molefe getuig het om dit as bewyse voor die hof te aanvaar.

Lumka Xoxo het tydens haar slotbetoë voor die hooggeregshof in Palm Ridge gesê die kinders se getuienis is nie geloofwaardig nie en hulle is “voorgeskryf” wat om te sê. Sy het die getuienisse as “dramaties” bestempel en gesê die kinders wat voor die hof getuig het, is opdrag gegee om dit te doen.

Xoxo het aangevoer die verkragtings waarvan Molefe aangekla word, kon nie gebeur het nie aangesien ander mense in die omgewing was toe die beweerde verkragtings plaasgevind het.

Molefe staan tereg op drie aanklagte van verkragting en elf van seksuele aanranding wat hy na bewering in 2017 gepleeg het.

Molefe het verlede week tydens sy getuienis gesê die aanklagte teen hom is ʼn komplot om van hom ontslae te raak sodat swakker veiligheidsmaatreëls by die skool die geleentheid sal skep om die skoolhoof, Maria Mthimkhulu, leed aan te doen omdat sy na bewering skoolfondse misbruik.

Xoxo het Maandag aangevoer die meisie wat aanvoer sy het ʼn geslagsinfeksie opgedoen nadat Molefe haar onbehoorlik aangeraak het, kon dié infeksie ook weens ander redes opgedoen het. Sy het gesê daar is wesenlike teenstrydighede deur getuies wat die hof in ag moet neem.

Volgens Xoxo bestaan daar geen bewyse dat die leerders deur Molefe verkrag is nie. Sy het gesê dit is ook hoogs onwaarskynlik dat Molefe die ander leerders tydens etensure seksueel aangerand het, aangesien daar straatverkopers en ander kinders in die omgewing was toe die voorvalle na bewering plaasgevind het.

Een van die meisies het getuig dat sy vir haar onderwyser gaan sê het wat Molefe aan haar gedoen het, en die leerkrag het glo net vir haar gesê om vir Molefe te sê om nie aan haar te vat nie. Xoxo sê dit is baie onwaarskynlik dat ʼn onderwyser vir ʼn kind wat die slagoffer van seksuele aanranding was, sal sê om vir die oortreder te sê om op te hou om dit te doen.

Sy het gesê een van die kinders het ook tydens die verhoor met ander getuies gekommunikeer en dit was onbehoorlik. “Die staat het versuim om bo redelike twyfel te bewys dat die [Molefe] hierdie oortredings begaan het,” het Xoxo gesê.

Lees alle vorige berigte oor die AB Xuma Primary School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kol ·

As die lot kinder gelieg het, hoop ek die wag dagvaar elke liewe een van hulle. Maak dan op 18 hulle name beskikbaar dat werkgewers weet wie om nie aan te stel nie, want as jy lieg oor iets soos dit, wat anders kan julle nie doen nie.

Suzette ·

Ek dink nie die kinders lieg nie, maar aangesien hulle voorgesê was wat om te getuig kom die wag skotvry. Dit het dalk heel moontlik gebeur maar die stories kon aangedik gewees het. Nou loop hy vry, maar wat ookal met die kinders gebeur het sal nie aangespreek word nie. Onderwysers het al dekades lank oor verkragting ens stil gebly en wanneer kinders sê hulle word gemolesteer absoluut niks gedoen nie, so ek glo die kinders.

Karolis ·

Sou hy skuldig bevind word kon al die klaers mos eise ingedien het.
Deesdae is geld die motivering.

Frikkie Geld en huis ·

Daar was aanvanklik iets soos 145 kinders wat glo deur die ou gemolesteer was, maar nou is net ‘n paar oor. Die feit dat die ander ± 130 die klagte laat vaar het, is mos ‘n bewys dat die hele storie opgemaak was. Op watter gronde Shaun the sheep, en sy span, die man kon vervolg, slaan my dronk.

sus ·

ek weet van kinders wat al onderwysers se loopbane verwoes het met hul leuens … mag die waarheid seevier.

LH ·

Laat my so terugdink aan ongeveer 30 jaar gelede toe ‘n baie bekwame jong Dokter van Brits, die selfde stel afgetrap het . . .

Sarel ·

Uitspraak is nog uitstaande, deesdae word daar n beginsel in die wet blykbaar aavaar dat in sekere gevalle die beskuldigde sy/haar onskuld bo redelike twyfel moet bewys en is dit nie meer n gegewe dat die staat bo redelike twyfel skuld moet bewys nie.
Dit is wat die geweld teen vroue en kinders asook rasisme so gevaarlik maak. Enigeen wat nie sy sin kry nie kan jou nou aankla sonder veel of enige getuie en die beskuldigde staan n goeie kans om so reg gesien te word.
Baie gevaarlike situasie.
Nog n beginsel wat baie verwater word is die beginsel dat n enkel getuie met versigtigheid beheen moet word.
Dit gaan lankal nie meer om n regverdige verhoor nie maar die tipe klagte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.