Kinders kom op baba se liggaam af

Argieffoto: Pixabay.com

Die Noord-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte nadat ʼn groep kinders Woensdag op ʼn pasgebore baba se liggaam in Postmasburg afgekom het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die kinders het in Newton naby ʼn vullisterrein gespeel toe hulle die liggaam van die babadogtertjie opgemerk het. Die liggaam was in ʼn plastieksak op die ashoop.

Volgens Tawana is die identiteit van die baba en haar ouers nog nie bekend nie, maar vorm dit deel van die polisie se ondersoek. “Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die persoon wat die baba op die ashoop gestort het, word versoek om sers. Gabanakgang Chiri by 082 3020 391 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

Niemand is bekommerd wanneer aborsie voor die geboorte plaasvind nie. Solank dit net nie na die geboorte plaasvind nie. Lewe is kosbaar: Voor en na geboorte.

nannie ·

Stem saam jou Danie lewe is kosbaar. Ek het verlede week my kleinkind aan die dood afgestaan sy is doodgebore. Mamma het die volle 9 maande gedra baba se hartklop was nog reg maar met geboorte is sy dood.

VanAfrika ·

Nannie, my innigste meegevoel, ek het my seuntjie ook 9 maande gedra, net gewag vir hom om te kom toe sterwe hy vir geen rede in my maag. Dis die swaarste swaar. Sê vir jou dogter my hart rus swaar saam met hare.. Mens kom nooit oor dit nie, leer net om saam dit te leef. Moet ook nie dat mense vir haar sê dit was God se wil of baba se tyd om te gaan, of God het Sy mooiste blommetjie kom pluk. Ek verpes dit as mense dit vir my sê, ek het tot iemand gehad wat vir my gesê het as my seuntjie nie gesterf het nie sou sy jonger boetie nie nou hier gewees het nie. Babas hoort in hul bedtjie by die huis, nie in n graf nie. Ek het nog nooit hiermee vrede gemaak nie. Moet haar ook nie dwing om van kleinding se goedtjies ontslae te raak nie, Dis al 23 jaar later en ek het nog van my kleinding se goedtjies. Dis my vertroosting en dat ek ook gereeld by sy graffie kan kuier. Al wat ek kan doen is offer my meegevoel vir julle almal. Dis so hartseer en onregverdig.

Hartseer ·

Nannie ons innige meegevoel met julle groot verlies. Ons bid dat die Here julle sal deur dra in hierdie tyd.

Martina ·

Ek het nie die brein om dit te verstaan nie. So baie mense kan nie kinders kry en sal aanneem. Hoe kan n persoon haar kind net so weggooi soos rubbish. Wanneer sal Cele iets doen omtrent dit. Ek kan baie goed hanteer maar as dit by kinders kom, gaan my bloeddruk op sy hoogste van woede. Ek self is n Ma wat jare geglo het ek kan nie kinders kry. Ja toe kry ek sommer n laatlaam en eersteling

christa ·

maklik om te maak, maar geen opvoeding hoe om kinders te versorg en goeie opvoeding te gee nie

E.K. die eerste ·

Dis alles NET om toelaag vi rnog ‘n kind te kry – he tmos geboortesertifikaat maar wil dit dan self gebruik. Dis tyd dat daar ander metodes toegepas word bv vingerafdrukke van kleinding by geboorte en kind MOET elke keer saam waar toelaag gekry word en vingerafdrukke weer bepaal word. Ja dis rompslomp maar hoe anders? Wat ‘n vieslike daad van ‘n “ma”. Kind is niks meer werd as om soos vuilgoed op ashoop gegooi te word. En hoevele kere lees ons dit nie en hoor nooit ooit weer of so “ma” opgespoor is nie!

bgj van der westhuizen ·

wel ek sien eerder dat aborsie plaas vind as wat die kind weg gegooi word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.