Kinders kom op menslike beendere af

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Kinders van ʼn informele nedersetting in Gqeberha (Port Elizabeth) het Sondag ʼn gru-ontdekking gemaak toe hulle in die bosse naby die woongebied gespeel het.

Dié niksvermoedende kinders het op menslike beendere afgekom van ʼn persoon wat vermoedelik al maande lank dood is.

Die beendere het boonop langs netjies gepakte houtstukke gelê.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê kinders het om 11:15 naby Zwelindinga in Greenbushes gespeel toe hulle op die beendere afgekom het.

Die polisie vermoed dat die oorledene al sowat ses maande gelede gesterf het.

“Die beendere was in ʼn geel hemp, ʼn kakiebroek en bruin belt geklee,” sê Naidu. “Sy swart-en-wit tekkies en twee swart musse het langs hom gelê.”

Die oorledene is na raming sowat 1,6 m lank.

Speurders in die gebied het nou ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur.

“Enigiemand wat die polisie kan bystaan om die oorledene aan sy klere uit te ken, of dalk weet van iemand wat gereeld hout in die gebied gaan bymekaarmaak, word versoek om so gou moontlik met die polisie in verbinding te tree.”

Ao. Bertus Blom kan by 082 442 1017 gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leon

MM : Volg die een op asb

Marius

Welkom in afrika !!!

marius

Niks in die hool skok meer nie.

Thea

Ek is nou nie snaaks nie maar hierdie afgelope paar maande gebeur alles in PE..