Kinders met ouers herenig na Nuwejaarsdag

Muizenbergstrand

Muizenbergstrand

Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag gesê dat 33 kinders wat op Nuwejaarsdag op die provinsie se strande verlore geraak het, weer met hul ouers herenig is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn driejarige meisie wat Donderdag op Muizenberg-strand gevind is, word tans in ʼn plek van veiligheid gehou terwyl daar na haar ouers gesoek word.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het vroeër gesê dat minstens 500 kinders op Nuwejaarsdag op die provinsie se strande verlore geraak het. Smith het gesê dat 70 kinders nog nie met hul ouers herenig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda van Mosselbaai ·

Ek wonder net hoe word daar na – die 70 kinders wat nog nie met hulle ouers herenig is
– gekyk die res van die jaar

DIe arme kinders en dan natuurlik die mense wat nou na hulle omsien!

As jy dalk oortolligge geld het – skenk dit asseblief aan die weeshuis naaste aan waar jy bly. Hulle het almal geld nood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.