Kinders nog nie terug by KZN‑kinderhuise

Kinders word uit die kinderhuise verwyder. Foto: Newcastle Advertiser

Byna 24 uur nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg beslis het dat sowat 200 kinders na drie van die KwaZulu-Natalse Christelike maatskaplike dienste (CSS) se kinderhuise teruggeneem moet word, sit die bestuur van dié kinderhuise steeds in groot afwagting en wag op die kinders se terugkeer.

“Die kinders is nog nie teruggebring nie. Dit is vir my vreemd, want tegnies gesproke gaan die 36 uur-spertyd sedert die hofbeslissing gemaak is môre-oggend so 04:00 se kant verstryk,” sê ds. Gerhard Botha, uitvoerende hoof van CSS.

“Maar tegnies gesproke het die departement nog tyd om die kinders terug te bring, so ons wil nie nou druk op hulle plaas nie. Ons sit geduldig en wag vir die kinders se terugkeer.”

Maroela Media het vroeër berig die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling het oor die naweek 146 kinders uit Môrester Ladysmith, 33 kinders uit Môrester Newcastle en 18 kinders uit Huis Meah in Newcastle verwyder nadat die departement glo klagtes van mishandeling en rassisme by een van dié kinderhuise ontvang het.

Die departement sê hoewel die bewerings teenoor personeel by die Môrester-kinderhuis in Ladysmith gemaak is, sal die Newcastle-persele ook ondersoek word. Foto: Newcastle Advertiser

Die hof het egter beslis die departement moet binne 36 uur nadat die hofbevel gemaak is die kinders na hul onderskeie kinderhuise terugneem en mag nie weer die kinders verwyder nie. Die hof het ook die departement opdrag gegee om ʼn deeglike ondersoek na die bewerings teen die kinderhuis te doen wat teen 18 Maart afgehandel moet wees.

Botha sê indien die departement nie aan die hofbevel gehoor gee nie, sal die CSS se regspan verdere stappe doen.

Maroela Media het Ncumisa Ndelu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling, vanmiddag om kommentaar genader, maar Ndelu beweer die departement het “pas eers die hofbevel ontvang” en kan daarom nog nie kommentaar lewer nie.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, sê intussen die party sal ondanks die hofbeslissing dat die kinders moet terugkeer ʼn klag by die Menseregtekommissie (MRK) teen die departement en die betrokke amptenare indien “aangesien die onmenslike wyse waarop die kinders behandel is, totaal onaanvaarbaar is”.

Van die kinders het papiere op die vensters geplak waarop hulle aandui dat hulle nie uit die kinderhuis verwyder wil word nie. Foto: Newcastle Advertiser

“Die VF Plus verwelkom die beslissing van die hooggeregshof dat die kinders… dadelik moet terugkeer. Een van die persone wat betrokke is by die kinderhuise, het in ʼn roerende boodskap op sosiale media vandag gesê die personeel is baie opgewonde oor die kinders se terugkeer, en dat die skole oorweldig word van die spontane optrede van die gemeenskap wat wil help om die kinders weer terug te verwelkom.

“Daar word onder meer gereed gemaak om die kinders, van alle rasse, te verwelkom met lekkers en ʼn geskenk wat op elkeen se bed vir hulle sal wag,” sê Alberts.

“Die beslissing van die hof, wat duidelik geneem is in belang van die kinders [en] al die tersaaklike inligting rondom die situasie in ag geneem het, staaf die VF Plus se siening dat die betrokke amptenare by die departement kwaadwillig opgetree het en die kinders sodoende aan groot trauma en ongerief blootgestel het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jaco ·

volgens die foto is wit kinders betrokke. so sal daar nou enige ander behandeling wees as onmenslike behandeling? Ons is dan tweedeklas burgers.

Asseblief ·

Solidariteit kan julle asb daardie kinders gaan help?
Die kinders staan nie n kans teen daardie gewetenlose mense nie.

Mickey ·

Ek sit en wag gespanne dat al die kinders veilig terugkeer.

Mickey ·

Maroela is nog nie weer nuus of die kinders veilig terug is nie? Die gewag voel soos n ewigheid.

Gemaskerde Sopbeen ·

As ek ‘n Hooggeregshof bevel ignoreer word ek gearresteer vir minagting van die hof…….en daarvoor verhoor terwyl ek in aanhouding bly. Wat gebeur as die LUR ‘n hooggeregshof bevel verontagsaam?

barend v d westhuizen ·

die regering wil alles in beheer wees en glo alle nonsins so dra daar n swart persoon betrokke is hulle moet eerder meer geld gee vir die weeshuise wat goed bestuur word en minder in meng met dit

jakes ·

Ek sal nie verbaas wees as die department self nie weet waar die kinders is nie.

J. van Rensburg ·

Aaag- ge-NUGTIG!!! Die alewige ‘rassisme” wat gedurig teen wittes se koppe gegooi word terwyl snare in die geledere van BLF, EFF ander kommunisties-besmette instansies mag doen en sê wat hulle wil sonder om aangevat te word – hulle word as “hoogheilig” beskou…. nee-kyk…

Gaitsigubib ·

Die eerste stap is nou om die staat aan te kla van minagting van die hof en dan moet arrestasies volg. My raad aan die staat is om maar die weermag te ontplooi want as julle so aanhou gaan julle hulle nodig he.

Zumie ·

Nou wat se verskriklike bewerings het die staat genoop om die kinders te verwyder…..
Sal graag wil weet want ek vermoed dat dit soos gewoonlik bloot staatsamptenaar met ‘n opgeblaasde ego en eie agenda is…

Willem ·

Ek het nie die hof se beslissing onder oë gehad nie. As dit wel die persepsie staaf dat daar kwaadwillig en dus by implikasie onwettig opgetree is , het ons hier te doen met menseroof. Dit is dus nie ‘n saak vir die tandelose en gekompromitteerde MRK nie, maar wel vir die SAPS en NVG. Die amptenare wat die besluit geneem en uitgevoer het moet strafregtelik vervolg word.

EAgle ·

nou word die hofbevel GEIGNOREER en die arme kinders is nogsteeds ontwrig en sielsongelukkig . WAAR IS DIE REGSOUENS Wat altyd hier hulle REGSKENNIS Met ons kom deel en ons kom TEREGWYS as ons parool of iets nie verstaan nie?? GAAN HELP ‘n bietjie of KRY JULLE NIE IETS DAARUIT NIE??

Bella ·

Dit lyk my dit is blanke kinders. Ek vra nou vir Vader om Sy Hand oor hulle te hou in Jesus Heilige Naam. Amen??????Hoekom is hulle verwyder? Waarheen is hulle geneem??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.