Kinders onder dié wat in gru-ongeluk verkool

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Vyf mense, onder wie drie kinders, het vroeg Donderdagoggend verkool ná ʼn botsing op die N17 in Mpumalanga.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het ʼn Toyota Corolla omstreeks 01:00 teen ʼn Ford-sedan gebots.

Die Toyota was op pad van Davel na Ermelo toe dit glo die Ford, wat langs die pad gestaan het, getref het.

“Twee volwassenes en drie kinders het onherkenbaar verbrand toe die Ford tydens die botsing aan die brand geslaan het,” het Mmusi gesê.

Die bestuurder van die Toyota en ʼn passasier is ernstig beseer.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.”

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ʼn beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees wanneer hulle bestuur, veral snags wanneer sigbaarheid belemmer is. Hy het bygevoeg dat die paaie weens menslike foute daagliks gevaarliker word.

“Ons sal voortgaan om as departement opleidingsprogramme oor padveiligheid aan te bied. Wetstoepassers sal ook nie roekelose en nalatige bestuurders op die paaie duld nie.”

Shongwe het motoriste opnuut versoek om die wet te gehoorsaam en nie tydens die aandkloktydperk te bestuur nie. Ingevolge die afsonderingsregulasies geld die aandklokreël tussen 21:00 en 04:00.

Die polisie het ook ʼn ondersoek van stapel gestuur na die oortreding van dié regulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tipper ·

Baie wreed,ai tog,daar gaan omtrent nie n dag verby nie,en jy hoor van nog n ongeluk of botsing.

Aai ·

Dit is ‘n jammerte maar wat beteken bly by jou huis van 21:00 tot 04:00

Elinette ·

Drie goed – (1) Diepste meegevoel aan die gesin, familie, vriende en kennisse van die oorledenes. Dit is so tragies as kinders omkom – om welke rede ookal. (2) die ongeluk het gedurende die aandkloktydperk gebeur – hoekom is mense om 01:00 in die oggend in hierdie tye op pad êrens heen? en (3) (tong-in-die-kies-gesê) – wat is dit met Ford-voertuie dat hulle so maklik brand?

Manda ·

Ja dis baie jammer, maar net soos die aandklokreël geignoreer word, so word die dra van maskers en ventilasie in openbare vervoer nie nagekom nie. Hoeveel keer sal daar nog ‘if only…’ gesê word…

Riaan ·

Paaie word nie onveilig weens menslike foute nie. Dit raak gevaarliker omdat die regering dit nie onderhou nie. Raak nou moef vir die idiokrasie

Kruidjie-roer-my-nie ·

En minder polisiëring en sigbare verkeersbeamptes

Andries ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie. 15 jaar terug het ek na motor botsings toe gegaan om motors in te sleep en ek bevind dat deesdae se motors baie vinniger aan die brand slaan as 15 jaar terug se motors. Deesdae is daar amper op elke toneel ‘n voertuig wat in vlamme uit bars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.