Kinders sien hoe ma met byl vermoor word

misdaadtoneel

Argieffoto

Die kinders van ʼn 39-jarige vrou van die Groblersdal-omgewing in Limpopo ontvang berading nadat hulle Dinsdagoggend gesien het hoe hul ma met ʼn byl vermoor word.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 07:30 in Zaaiplaas gebeur.

Volgens Ngoepe het ʼn inwoner in die gebied glo gesien hoe ʼn man sy buurvrou vermoor en van haar bloed drink. Die polisie is ontbied en met hul aankoms op die toneel het hulle die 30-jarige man gevind, steeds met die byl in sy hande. Hy is op die plek in hegtenis geneem.

Dit is nie duidelik hoekom die man van die bloed gedrink het nie.

Ngoepe het gesê die vrou se kinders en ander mense wat die voorval sien gebeur het, ontvang tans berading.

Die man sal binnekort in die Zaaiplaas-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

CAROL ·

NIE EERS VRAE VRA OF HOFSAKE – NIE SLUIT TOE EN GOOI SLEUTEL WEG!!!

JK ·

Dis nie dwelms nie, ek het coke, acid, dagga, E gebruik, en ek’t nog nooit iemand vermoor, of bloed gedrink nie.

Bertie ·

Stem saam Carol, waarom nog geld mors, stuur hom groendakkies toe.

Helene ·

Een woord: BESETENE!!! Verwyder uit die gemeentskap. Nie in n gewone tronk waar reabilitasie nog kan plaasvind nie- NEE GESTIG agter slot en grendel. Oeg ek kry eintlik koud.

Nonnie ·

Na aanleiding van MM se berig gister oor “Wreedste moord” – HIER is die wreedste moord!! Barbaars, al gevolgtrekking wat ek kan maak.

Irene Myburgh ·

Ek stem saam met driekie oor die doodstraf MAAR ons moet pasop met die huidige “bestuur” kan dit beteken dat hulle sommer enige iemand die doodstraf kan toedien.

Ouvrou ·

En ons het nie die doodstraf NIE???Die regering moet begin verantwoordbaar gehou word vir mense se lewens want hulle kom niks ernstig oor vir afskuwelike dade nie.

Lee ·

Genade tog – waarheen gaan die mensdom?
Die duiwel is loshande los daar buite.

Boeremeidir ·

Daar was n week terug n 3 Jamie seuntjie voor sy sussie ook met byl vermoor en hy het die kind se bloed gedrink en gese hy is dors vir bloed. Die is weer een of ander bygeloof wat hulle uitoefen. Dit moet verband hou met medlar. Siek!!!

Nataller ·

Ek stem saam met Boeremeidir, dit moet weer een of ander ritueel wees wat hulle weer begin uitvoer. Baie mense glo nog aan toor middels en het nie vaste geloof behalwe die van hulle sangomas nie. Omdat hulle so vas glo daaraan sal hulle enige iets doen wat die vrou vir hulle se, al is dit hoe doelloos of weldadig.

Lee ·

O MY WORD!! Het die mense mal geword??? Sterkte aan die arme kinders xx

Buffy ·

In Mei in Etwatwa in die Oos Rand en in April in Soweto was ook bloed gedrink met aanvalle. Is dit besig om ‘n wêreldwye tendens te word. Demonies.

Piet ·

Die tendens is net in Afrika, elders in die wereld kry jy ook kanibalisme en bloed drinkery maar dis nie algemeen nie.

Buffy ·

Google gerus, dit word ‘n wêreldwye tendens en kom al meer gereeld voor.

Ek haat mense regte ·

Direkte uitwerking van mense regte, hy weet hy kan niks oorkom nie. Moenie kom met tronkstraf, dit is ‘n fees, jy hoef nie te werk, kan net heeldag boggerol doen en eet en bly verniet, jy hoef vir niemand te sorg nie. Heeldag ‘n nikswerd wees. As mense regte wetsgehoorsame burgers begin beskerm en ondersteun sal ek my siening verander. Watter reg het hierdie vrou gehad om te bly lewe/ beskerming te geniet. Watter reg het haar kinders om met ‘n Ma groot te word, ergste watter reg om nie jou Ma se koelbloedige bylmoord te sien nie. Ek haat mense regte, dit is die direkte oorsaak, ek wil dit skree. Kinders is sonder ‘n Ma en jul beskerm die verkeerde een.

Bid Bid Bid ·

Dis die rede om op Bloem te gaan bid. En elke dag te bid.

Catryn ·

Kannibalisme – loop hand aan hand met al hierdie “muti” moorde, soms kry mense net gedeeltes van ‘n liggaam. Dit word al jare in SA gedoen en nie die eerste keer nie. Dit word meer noord van die grense gedoen, maar onthou gerus HOEVEEL immigrante uit Afrika het hul nessie hier kom skrop. Daar is ook o.a. kannibalisme in Lesotho, daar was ookal ‘n sangoma wat ‘n boer doodgemaak en opgekook het, geeet het.. ook nie net een keer nie. Kaapstad was daar ook kannibalisme. Sataniste drink ook bloed en maak ‘n ritueel daarvan. Offergawes. Baie van hierdie voer opdragte uit, vir organe, wat op die swart mark gekoop en gesmokkel word. SA het ‘n groot nes hierin. Mensehandel dryf (slawerny)…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.