Kinders skuil in biblioteek tydens protesoptrede

In 2017 het inwoners van Ocean View ook buitebande in die strate gebrand om hul ontevredenheid met misdaad te kenne te gee. Foto: Facebook

Ongelukkigheid oor bendegeweld en die polisie se gebrekkige dienslewering het Donderdag tot gewelddadige protesoptrede in die suide van die Kaapse Skiereiland gelei.

Inwoners van die bendegeteisterde Ocean View naby Vishoek het buitebande aan die brand gesteek en skote is geskiet naby ʼn plaaslike biblioteek, waarna die kinders en volwassenes wat toe in die gebou was, hulle daarin toegesluit het, sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

“Die personeellede het die paniekknoppie gedruk, waarna die metropolisie en ons wetstoepassingsbeamptes uitgegaan het,” sê Smith. “Teen die tyd dat hulle daar gekom het, was ʼn volskaalse protesoptrede reeds aan die gang.”

Hy sê die geweldpleging was traumaties vir al die betrokkenes. Die biblioteekbeamptes het die kinders se ouers laat weet hulle is in die gebou vasgekeer, maar wetstoepassers kon eindelik daarin slaag om hulle na buite te begelei.

Smith praat nie geweldpleging goed nie, maar sê hy kan verstaan dat inwoners ontevrede is. “Ongelukkig is daar by Ocean View se SAPD nie veel aan die gang nie. Die mense is ontevrede met die vlak van dienslewering.”

Hy sê omdat die polisiediens nie hul werk doen nie, is daar meer druk op die metropolisie. “Mense verwag 600 metropolisiebeamptes moet die werk van die hele Suid-Afrikaanse Polisiediens doen. Ons kan nie verstaan waar die polisiebeamptes is wat veronderstel is om hul werk te doen nie.”

Smith sê die situasie in die gebied is vandag kalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

moenie vergeet nie, hulle werk, besig om misdaad in die kroeg of shebeen te toets / na te gaan, hoe meer hulle wegslaan, hoe minder is daar vir die kinders om te sluk

Chrisjan ·

Waarom moet die polisie nou die blaam kry? Kyk hoe besfkaafd het die Sasol werknemers hul protesoptogte gedoen. Geen polisie was nodig nie. Niemand in hierdie land wil verantwoordelikheid vir hul eie optrede neem nie – dis altyd iemand anders wat moes “dit” of “dat”.

Nettie ·

@Chrisjan, die verskil tussen die SASOL-optog en hierdie oproer (want ‘n optog was dit beslis nie) is die klas mens wat deelneem aan die optog vs. mense wat deelneem aan ‘n oproer. Die klas mens wat deelneem aan ‘n optog soos dié by SASOL, of selfs met die Black Monday/Stop Farm Killings-optogte is mense wat geleer is om nie af te brand, af te breek, te verniel ens. nie (want hulle weet dit hul belastinggeld wat vir daardie infrastruktuur betaal het).

Die ander groep is dikwels misdadiger-geïnfiltreerde, van-nature-gewelddadige ‘mense’ wat nie die denkvermoë het om te besef dat hulle hulself benadeel deur infrastruktuur wat hulle benodig op ‘n daaglikse basis, af te brand, af te breek of te verniel nie. Want hulle het dit op ‘n silwer skinkbord gekry en hulle beskou dit as ‘n “reg” om ‘iets vir niets’ te kry.

Hannetjie ·

Dit is vir die skuldiges net so traumaties..immers wag hulle ook al baie lank om hulp te kry teen bendegeweld.So ja…ek het baie empatie met hulle.Ek praat nie hul optrede goed nie..maar dit is hoe dit mos werk

braaier ·

Die korrekte terminologie moet gebruik word.

Dit is nie “protes” nie, dit is “oproer” (riot).

‘n Protes bestaan nie uit goed wat brand nie, en ook nie geweervuur nie. Onder andere.
Hierdie is oproer. Net soos die dosyne ander oproere oral oor die land daagliks.

Hoe nou....... ·

Wie betaal die salarisse van die SAPD lede van Ocean View? Hulle verdien nie om diens te wees van die gemeenskap nie en hulle word waarskynlik omgekoop deur die bendes – Kry hulle nie skaam om die die gemeenskap so in die steek te laat nie!

Shame ·

Mamma leer hul kleintjies hul eerste woorde “Brand, breek af en toi toi”. Nie gaan skool en leer en bou-op om die samelewing ‘n beter plek te maak nie, nee, roof, moord en diefstel is die volgende woorde. Kan jy jou indink wat van die arme skepsels gaan word want hul kan en wil maar nie werk vir hul land en volk nie. Gaan leer sodat jul die werk kan doen en wys wat in jul steek. My geduld is lankal op.

Sarel ·

My mening: Kyk bietjie kla oor Polisie nie hulle werk doen nie. Indien die Polisie wel optree is die gemeenskap die eesrste om te kla oor Polisie optrede. Tree die Polisie hardhandig op word hulle deur die Staat, hulle werkgewer vervolg. So – waar plaas dit die Polisie.

Jo ·

Maak twee verkeerde optrede ‘n regverdige optrede?
Is dit nie ‘n misdaad om ander se lewe in gevaar te stel nie?
Ek verstaan nie lekker die betogers se redenasie nie.

Sarel ·

Moet asb nie vergeet nie, die optog is ook teen n groot getal polisielede wie self deel van die bendes is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.