Kinders sterf in put

crime-scene-tapeTwee vierjarige kinders is dood nadat hulle Maandag by ʼn voorskoolsentrum in ʼn put geval het.

Weziwe Thusi, die LUR van maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voorval het op die sentrum se perseel in Nqutu plaasgevind. “Ons sal nie rus totdat ons weet wat tot die kinders se dood gelei het nie,” het Thusi gesê. “Ek het ʼn dringende ondersoek van stapel gestuur om vas te stel of die sentrum aan ʼn aantal faktore voldoen, waaronder die wettigheid van die sentrum en of hulle aan veiligheidsreëls en regulasies voldoen.”

Maatskaplike werkers het Dinsdag die kinders se families besoek. Hulle het ook die sentrum besoek om voorlopige assessering te doen. Omgewingsgesondheidbeamptes is ook ontbied om die sentrum te ondersoek.

“Ek stel ook belang om te weet of die werkers by die sentrum gekwalifiseer is om na kinders om te sien,” het Thusi bygevoeg. Sy het gesê versorgers, veral dié wat na kinders omsien, moet ten alle tye paraat wees. “Ek weet die voorval het die gemeenskap ontstel, maar ons versoek die gemeenskap om kalm te bly en die betrokke rolspelers die nodige tyd te gee om hul ondersoek af te handel.”

Thusi het bygevoeg die kinders se families en kinders by die sentrum ontvang berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.