Kinders sterf ná niggie noedels gaarmaak

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Miles Burke/Unsplash)

Drie kinders, onder wie ʼn vier maande oue baba, is Sondag op pad na ʼn kliniek dood nadat hulle noedels geëet het wat deur een van die oorledenes gaargemaak is.

Die kinders, Sinothando Ngwendu (11), Olwam Ngwendu (7) en die vier maande oue Athenkosi Ngwendu, is Saterdag saam met hul grootouers na New Brighton in die Oos-Kaap om by familie te kuier en daar te oornag.

Sinothando is Olwam en Athenkosi se niggie.

“Die 11-jarige dogtertjie is die volgende dag winkel toe en het ʼn pakkie noedels gekoop vir haar nefies om te eet, voordat hulle huis toe sou gaan. Sy het die noedels gaargemaak en self ook daarvan geëet,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

“Kort nadat hulle by die huis aangekom het, het Sinothando van naarheid begin kla. Olwam het ook vir sy ouma gesê hy het maagpyn en is naar.”

Die ouma het na bewering vir die kinders water gegee, waarna hulle per motor na die Motherwell-kliniek is. Athenkosi is in ʼn ander motor na dieselfde kliniek geneem.

“Al drie die kinders is in die motors op pad na die kliniek toe dood,” sê Naidu.

ʼn Nadoodse ondersoek is intussen van stapel gestuur om die presiese oorsaak van die kinders se dood te bevestig.

Die polisie ondersoek steeds die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grens

Dis erg!

Elsabe

Ai, Here Jesus vertroos die familie. Dis so verskriklik hartseer. Wat kon in daai noedels wees wat do vinnig doodmaak? Baie vreemd…..

modiglianigirl

Dit is afgryslik!

Stephen

Hoop iemand het die breinselle om die noedels van die rak te verwyder en te laat ondersoek.

Belinda

Watse noodles was dit?
Mense moet bewus wees van sulke produkte. Daar is duisende mense wat die goed eet en kan hoe risiko wees. Deel asb die “brand” aan.