Kinders sterf toe skoolbus, vragmotor bots

Twee kinders is Maandag in ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n skoolbus dood. (Foto: Netcare 911)

Twee kinders, tussen die ouderdomme van 10 en 13, is Maandagmiddag dood toe ’n skoolbus en ’n vragmotor in ’n kop-teen-kop‑botsing op Ohrtmannweg in Pietermaritzburg betrokke was.

Nóg 15 mense, onder wie leerders en die bestuurders van die bus en vragmotor, is tydens die voorval beseer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die kinders is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander beseerdes op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem is.

Luidens berigte het die bus tieners sowel as laerskoolkinders vervoer.

Herbst sê dit is nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van strafbare manslag word tans ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

Verkeersreëls word geminag, daarom soveel ongelukke. Eintlik moet dit nie “ongelukke” genoem word nie, maar “moedswilligs.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.