Kinders toe nie só siek van Omikron

‘n Gesondheidswerker in Israel dien ‘n dosis Covid-19-entstof aan ‘n seuntjie toe. (Foto: Menahem Kahana/AFP)

Hoewel kinders steeds ʼn lae voorkoms van ernstige komplikasies weens Covid-19 toon, wys Discovery Health se data dat kinders jonger as 18 jaar se kans steeds 20% hoër is om weens die Omikron-variant in hospitale opgeneem te word, as met vorige Covid-19-variante.

“Dit is vroeë data en moet omsigtig opgevolg word,” sê Shirley Collie, hoofaktuaris oor gesondheidstatistieke by Discovery Health. “Die neiging is egter in ooreenstemming met waarskuwings van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) die afgelope paar dae dat hulle tydens Suid-Afrika se derde vlaag infeksies (van Junie tot September vanjaar), ʼn toename in pediatriese opnames van kinders jonger as vyf waargeneem het.

Die data is gegrond op die eerste drie weke van die nuwe Omikron-vlaag in Suid-Afrika. Discovery Health sê die bevindings moet dus as voorlopig beskou word terwyl die vlaag vorder. Die mediese fonds het meer as 3,7 miljoen lede en is dus goed geplaas om intydse en skaalgedrewe insig oor die uitwerking van Covid-19 te bekom.

Hospitale se terugvoer is egter dat die meeste Covid-19-diagnosisse by kinders toevallig gemaak word wanneer kinders vir ander siektetoestande in hospitale opgeneem word. Hulle toon nie enige simptome nie, maar toets tydens roetine siftingstoetse positief vir Covid-19.

Discovery Health se ontleding wys ook dat die gevaar dat kinders positief vir Covid-19 toets, steeds beduidend laer is as by volwassenes.

“Kinders se kans om positief vir Covid-19 te toets is 51% minder in vergelyking met volwassenes tydens die Omikron-tydperk en oor die algemeen bly die gevaar dat kinders in die hospitaal vir Covid-19-komplikasies opgeneem word, steeds betreklik laag,” sê Collie.

“Die meeste kinders het ʼn matige vorm van die siekte, met simptome soos ʼn seer keel, verstopte neus, kopseer en koors wat binne drie dae verdwyn,” sê dr. Ryan Noach, hoof van Discovery Health.

Wat volwassenes betref het die navorsing gewys dat diegene wat twee dosisse van die entstof ontvang het, 33%-beskerming geniet om nié die Omikron-variant op te doen nie. Dit is ʼn beduidende daling van die 80%-beskerming wat die entstof tydens die vorige vlae gebied het.

Beskerming teen ʼn ernstige vorm van die siekte wat tot hospitaalopname lei, staan tans op 70% – weereens ʼn beduidende daling van die 93% waarop dit tydens die vlaag wat deur die Delta-variant aangedryf is, gestaan het.

Beskerming van 70% word nietemin as betreklik goed beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

johan ·

Daai hele persentasie wat nie ernstig siek geword het nie, sou ook nie ernstig siek geword het as hulle nie die spuitstof ontvang het nie. Bewys die stelling verkeerd….

VaalDonkie ·

Nee jy’s reg. Want die ding wat jou ernstig siek maak is nie die virus nie, dis jou reaksie op die “spikes” wat agterbly nadat die virus lankal dood is. En raai wat gee die inspuiting jou?

Marius ·

Die slim manne praat hulself deurmekaar. As iets net 70% werk, werk dit nie effektief nie en moet uitgesmyt word, punt.

Dirk Mostert ·

Was die eerste inspuiting dan nie 95% doeltreffend nie?

bobmartin ·

Ek het dit al jare terug gedoen. My geld en keuse om nie inenting te neem is seker nie goed genoeg vir hulle. Sal ook nie Discovery Health toe gaan al word inenting verplig. Ek boikot elke maatskappy wat die eerste voorbok was van verpligte inenting.

Dirk Mostert ·

Net vanoggend Discovery se brief ontvang. Dit oortuig my dat ek nie die inspuitings nodig het nie.

Dirk Mostert ·

Dink ook daaraan. Ons het net ‘n hospitaalplan en ‘n hospitaal is deesdae ‘n plek om van weg te bly.

Daizee ·

Én nóg steeds bly alles spekulasie!!!!!!!! Níks in die afgelope 2 jaar is konkrete feite nie – waar kan ek as Jan Publiek ÉNIGE media vrystellings vandag se objektiwiteit bevestig???!!!!

Nici ·

Luister eers na Dr Robert Malone, die man wat Mrna uitgevind het en waarop die inspuiting gebasseer is. Wonder of Discovery se data lyk soos Imperial College in Londen? Gesonde kinders gaan nie dood van Covid nie en hul sal 6 keer beter immuniteit he na natuurlike herstel as die jab.

Alfred E Neuman ·

Malone het die mRna tegnologie uitgevind, maar Karinko en Weissman het covid mRna vaksiene uitgevind.

Nici ·

Piet voel vry om die patent virMrna navorsing op te soek. Dit gaan baie jare terug.

Robert ·

Hoekom is die eers nuuswaardig? Discovery is mos nie die besluitnemers nie?

Anoniem ·

Dink die mense hier het almal ‘n statistiek lessie nodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.