Kinders uit Durban-see gered

Twee jong meisies is Dinsdag met behulp van strandgangers uit die see by Umdloti in KwaZulu-Natal gered. (Foto: Netcare 911)

Twee jong meisies is Dinsdag met behulp van strandgangers uit die see by Umdloti in KwaZulu-Natal gered nadat hulle in die moeilikheid beland het. Die voorval het op die suidstrand by Umdloti plaasgevind.

Die meisies, een van 14 jaar en die ander een tussen nege en 11, is glo familielede van mekaar.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is hul nooddienswerkers net ná 15:30 na die toneel ontbied.

“Die histeriese inbeller het die beampte aan diens in kennis gestel dat die kinders die risiko loop om na die diepsee meegesleur te word. Rusa-beamptes en -paramedici is onmiddellik ontbied.

Twee jong meisies is Dinsdag met behulp van strandgangers uit die see by Umdloti in KwaZulu-Natal gered. (Foto: Netcare 911)

“Met Rusa se aankoms op die toneel was die kinders reeds op die strand nadat hulle deur strandgangers en lewensredders gered is.”

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die kinders het baie water gesluk en gesukkel om asem te haal.

“Nooddienswerkers het die meisies op die toneel behandel. Nadat hulle gestabiliseer is, is hulle deur Netcare 911 en Rusa na ʼn hospitaal vervoer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Dit is groot pret om in die see te swem, maar hy is baie gevaarlik, selfs vir sterk swemmers. Die see moet met katvoet versigtigheid benader word.

Marcello ·

Die probleem is, mense van die Binneland kom hou vakansie by die see, en dan raak hulle mak, die see is NIEMAND se speelplek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.