Kinders ure ná ontvoering gered

Chris-Hani-informele-nedersetting

Foto: Verskaf deur SAPD.

Twee jong meisies van Port Elizabeth is Donderdag in die vroeë oggendure ná ʼn grootskaalse soektog gevind nadat hulle Woensdag ontvoer, aangerand en na bewering verkrag is.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die twee meisies van die Chris Hani- informele nedersetting naby New Brighton is Woensdagaand deur hulle ouers as vermis aangemeld nadat hulle nie soos gewoonlik teen 18:00 teruggekeer het huis toe nie. Die meisies is laas gesien toe hulle in ʼn oop stuk veld gespeel het naby die informele nedersetting.

Die polisie het onmiddellik reageer deur na die meisies te soek by vriende en familie in die omgewing wat aan die kinders bekend is. Teen 23:00 is die soektog uitgebrei deur polisieversterking, die SAPD se K9-eenheid sowel as ʼn SAPD-helikopter met ʼn soeklig te ontbied.

Beetge het gesê polisiebeamptes het te voet die gebied gepatrolleer en van huis tot huis in die omgewing gesoek.

“Die polisie het ʼn deurbraak gemaak toe die sesjarige meisie net ná middernag gevind is agter die Chevrolet-stadion,” het Beetge gesê. “Die meisie is erg aangerand en het steekwonde aan haar kop en lyf gehad. Sy is na die Dora Nginza-hospitaal gehaas,” het hy bygevoeg.

“Die meisie kon daarin slaag om inligting te gee wat die polisie om 04:45 na ʼn plakkershut in die informele nedersetting gelei het waar die vyfjarige meisie saam met ʼn 49-jarige verdagte aangetref is. Mediese ondersoeke het later bevestig dat albei meisies verkrag is.”

Beetge het gesê die verdagte is in hegtenis geneem en sal aangekla word van ontvoering, poging tot moord en verkragting. Hy sal binnekort in die New Brighton-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Dawie Rabie, die polisiebevelvoerder in Motherwell, het die SAPD-lede wat deur die nag gehelp het om na die meisies te soek, bedank. “Albei meisies is gevind en gered van ʼn baie onheilige lot. Die SAPD sal geen steen onaangeroer laat in die ondersoek na hierdie voorval nie en sal seker maak dat die saak as topprioriteit hanteer word.”

Rabie het ook ʼn beroep op die gemeenskap van New Brighton gedoen om die wet sy gang te laat gaan en dit nie in eie hande te neem nie. Dit volg nadat woedende inwoners die plakkershut wat aan die verdagte behoort, vernietig het kort ná die inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

die inwoners is moeg van wag vir die regering om geweld en misdaat te bekamp daar om neem hulle wet in eie hande
nou word hy weer beskerm deur die sapd dat inwoners kom nie kan seer maak nie waar was hulle vir die kinders

MARIA ·

AI DIS ERG EN HARTSEER WAT MET DIE TWEE KINDERS GEBEUR HET… MAAR NOU NET EEN VRAAG, HOEKOM WAS DAAR NIE N OUER PERSOON WAT NA DIE 6 JARIGE EN 5 JARIGE GEKYK HET NIE. EN DAN MOES HUL SELF 6 UUR BY DIE HUIS OPDAAG…. NEE WAT EK LOS NIE EERS MY KIND VIR 5 MIN BUITE ALLEEN NIE. WAT MOET NOG GEBEUR VOOR OUERS BESEF HUL KAN NIE HUL KINDERS ALLEEN LOS NIE… VERAL NIE KINDERS VAN 5 EN 6 JAAR NIE…. EK VOEL DIE OUERS MOET OOK VERANTWOORDELIK GEHOU WORD VIR DIT WAT GEBEUR HET MET DIE 2 KINDETJIES. DIT IS NET SO WEL EK LOS MY KIND LAAT SY DOEN EN GAAN WAAR SY WIL SOLANK SY 6 UUR BY DIE HUIS IS…. DIT WAT GEBEUR HET MET DAAI 2 KINDERTJIES GAAN LEWENSLANK MET HUL BLY… DIT ERG EK WEET HOE DIT VOEL EK IS SELF DEUR MY EIE FAMILIE LID VERKRAG NET EEN VERSKIL EK WAS VEILLIG ONDER MY OUERS SE DAK…

Angel ·

Maria , besef jy dat jy n erf met n heining of mure om het ?? en daardie kinders woon in n plakkers kamp , so waar moet hulle speel ?

G ·

‘Moenie reg in eie hande neem nie’, maar kyk wat gebeur met kriminele. Moordenaars en verkragters kry borgtog, of ‘ontsnap’.

anti ·

Woordeloos…..kinders kan nie meer normal rondbeweeg, speel en net dood eenvoudig kinders wees nie. Dis so hartseer wat met die tweetjies gebeur het. Ek vra myself net af waarom?????? Die duiwel is behoorlik los met al sy demone wat die aarde bewandel en onskuldige mens moor, kinders verkrag en dan trunk toe gaan om deur die belasting betaler versorg te word. Geen reg nie geen selbeheersing nie geen selfrespek nie en geen respek vir medemens nie. Wanneer gaan hierdie euwel wortel en tak uitgeroei word.

Anoniem ·

Angel, lees weer die berig. Die 5jarige kind was aangetref by die 46jarige se plakkers kamp, hulle woon nie daar nie.??

“na ʼn plakkershut in die informele nedersetting gelei het waar die vyfjarige meisie saam met ʼn 49-jarige verdagte aangetref was”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.