Kinders vaar baie swak met wiskunde

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 96% van Graad 9’s in die land het 50% of minder in ʼn standaardstellingstoets vir Wiskunde behaal, het die City Press berig.

Alle graad 9’s by 2 411 skole het tussen 0% en 30% behaal vir wiskunde in ʼn jaarlikse nasionale assessering wat deur leerlinge in Graad 1 tot 6 voltooi word en verlede jaar ook die Graad 9’s ingesluit het.

Altesaam 2 805 skole het landswyd aan die toetse deelgeneem.

Twee derdes van Graad 6-leerlinge en net meer as 40% van Graad 3’s het ook tydens die assessering 50% of minder behaal vir Wiskunde.

Graad 6-leerlinge by 429 van die skole het tussen 0% en 30% vir wiskunde behaal en dit was ook só vir Graad 3-leerlinge in 59 van die skole.

Limpopo het glo die swakste gevaar in die assessering, gevolg deur plattelandse dele van Mpumalanga, die Noord-Kaap en die Oos-Kaap.

Die jaarlikse nasionale assessering vir 2014 is verlede week afgehandel. Die uitslae sal na verwagting in Desember bekend gemaak word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jas van As ·

Een van die redes vir hierdie syfers, is dat die leerlinge nie geleer word dat 1+1=2 is nie. hahahaha

Elizabeth ·

Ek wil graag ‘n beroep op ALLE ouers doen: spandeer tyd met jul kinders, moedig hul aan op te lees IN AFRIKANS veral. Moedig hul aan in wiskunde en wetenskappe – al moet jy vir ekstra klasse betaal. Ek het al met so baie (wit) jonges gesels wat moedeloos is en sê hul het matriek/diploma/graad maar kry nie werk. Dis NIKS! NIEMAND kan geleerdheid van jou af wegneem nie – die wiel draai, onthou dit. Kwalifiseer julself so goed jul kan, ons Afrikaanssprekendes moenie agter raak nie, leer hard en wees ‘n kwaliteit mens – ons gaan julle eendag in die toekoms nodig kry! Wees die beste mens wat jy kan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.