Kinders vermoor, ore afgesny: Nog ʼn verdagte vas

Argieffoto: https://pixabay.com

Nog ʼn verdagte, ʼn 48-jarige man, is Sondag in hegtenis geneem in Latshoda naby Port Edward in verband met die gru-moord op vier jong kinders in Ncukeni in September verlede jaar.

Maroela Media het vroeër berig ’n 32-jarige man is Vrydag deur Port Edwardse polisielede in hegtenis geneem vir die moord op drie lede van ʼn gesin.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê drie minderjariges, tussen vier en 12 jaar oud, is op 2 September met verskeie steekwonde aan hul bolywe in ʼn huis aangetref. Hul linkerore is ook afgesny.

ʼn Vierde kind se liggaam is buite die huis aangetref, ook met verskeie steekwonde aan die bolyf.

Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend. Die kinders was alleen ten tyde van die voorval.

Vier aanklagte van moord is by die Port Edward-polisiestasie aanhangig gemaak vir ondersoek.

Die man sal op 12 Maart in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal beslis ʼn goed voorbereide dossier aan die hof oorhandig sodat die man vervolg kan word vir dié “verskriklike dade”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Elke dag haat ek hierdie vervloekte plek n bietjie meer. Elke dag haat ek dit n bietjie meer dat ek my kinders in hierdie plek, tussen hierdie drek moet groot maak. Ek haat dit dat hierdie land verbeter is net om weer te sien hoe n nasie wat geen disipline, trots of eerbaarheid het, met blote getalle alles oor neem en weer tot in die stof in breek…

DelaRey ·

Komaan Marius dis ‘n stryd tussen lig en duister.
Ons kan nie toegee aan die duister nie. Dan is ons in dieselfde kamp as die wat ons almal se toekoms wil vernietig.
Kom ons hou ons harte reg teenoor God en ons medemens terwyl ons ook betrokke raak en doen wat ons kan. Al is dit net om ‘n geldelike bydrae te gee of ons taal suiwer te praat.
Onthou ook die geskiedenis is nie verby nie. Die wiel draai. Kyk net na wat aan die gang is in Europa met groeiende nasionalisme. Niemand het voorspel dat die Liberale pendulum wat Afrikaners se vryheid vernietig het sou stop en begin terugswaai nie.
Ons is nog hier en baie van ons is bereid om ons lewens af te l

Cherokee ·

DeLaRey, moet nie jouself die reg toe eien om vir ‘baie van ons’ te praat nie. Waarskynlik ondersteun ‘meer van ons’ die Marius-siening.

Hanna ·

Dankie DeLaRey.
Ons moet opbou Wolf Wolf skree en LIG oor die duisternis begin uitroep. Donkerte sal nie staan teen die LIG VAN GOD nie.

Tanzie ·

Die motief is defnitief nie onbekend nie! Dit is die toordokters wat verskriklike hoë pryse betaal vir liggaamsdele! Wat ‘n skande!

Strydom ·

Die resep om ‘n bolk te breek en te vernietig is 1. Vernietig Geloof en Waardes
Maak hom moedeloos en verlies asn eiewaarde. Dan is hy ryp om gepluk en vernietig te word. My vraag,het hulle reeds geslaag? Moorde is nie ras gebonde nie.

M ·

Net n bose krag soos die duiwel, sit agter die toordokters wat mense aanspoor om sulke vreeslike dade te pleeg. Daarom se’ die bybel “die waarheid sal ons vry maak” – vry maak van slawerny aan die bose kulture en leerstellings wat mense laat glo dat liggaamsdele jou op n manier kan bevoordeel. Dit gaan alles in teen die liefde van die ware God, en bring net pyn en smart vir mense.

Elsa Goussard ·

Ek skaar my ook by DelaRey se ons. Hoe kan ons ons pragtige land haat oor alles wat verkeerd gegaan het? ‘n Land kan homself nie vernietig nie, maar die mense wat in hom woon. Daar is meer goeie mense as slegtes in hierdie land en almal wat swart is, is NIE sleg nie. Dis swart kinders wat vermoor is, so swartes is ook slagoffers. Blankes wat haat saai en mekaar opsweep, is net so skuldig as die ander spul wat moor en verwoes. Al lyk dinge ook hoe sleg in ons land, ek SAL nie ophou hoop op ‘n beter toekoms nie en al sê ander mense ook wat, ek glo God is nog steeds in beheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.