Kinders vind skedel van vermiste man

Argieffoto

Argieffoto

Jong seuns wat in Komkhulu in Butterworth in die Oos-Kaap gespeel het, het Saterdag op ʼn menslike skedel afgekom.

“Die seuns het ouer persone van die gemeenskap in kennis gestel oor die gru vonds wat hulle gemaak het en die Msobomvu-polisie is ontbied,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

“Die seuns het gewys waar hulle die skedel gevind het. Daar was ook klere op die toneel en dit is positief verbind met Nkosinathi Ntshinga, ʼn 47-jarige man wat in Oktober 2014 verdwyn het.”

Manatha het gesê Ntshinga se gesin, van Blue Sky Village in Butterworth, het bevestig dit was sy klere.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.