Kinders, volwassenes beseer toe motors springkasteel tref

Argieffoto

Agt mense is beseer toe twee motors in ʼn springkasteel in Eindhovenstraat in Delft buite Kaapstad vasgery het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 16:00 by die toneel opgedaag. “Van die agt wat beseer is, is ses kinders tussen drie en sewe. Twee van die beseerdes is volwassenes,” het sy gesê.

Volgens Van Huyssteen is twee van die kinders ernstig beseer. Sy het aan Maroela Media verduidelik dat die omstandighede rondom die voorval nog nie duidelik is nie. Sy het wel aangedui dat die springkasteel buite ʼn huis was, glo vir ʼn kinderpartytjie, toe die twee motors daarin vasgejaag het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dovaz ·

Sterkte aan ouers en families v d beseerdes. Hoe sit jy a springkasteel naby die pad? Was die motor bestuurders dan dronk om nie die kasteel te kon sien nie. Mense!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.