Ses mense is Sondagmiddag beseer, onder wie twee kinders, toe hul voertuig van die R23 net buite Heidelberg gerol het.
Nooddienste het omstreeks 17:00 op die toneel aangekom en die motor op sy dak langs die pad aangetref. Vier volwassenes en twee kinders, vermoedelik tussen ses en nege jaar oud, het op die toneel rondgeloop.
Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die insittendes net matige beserings opgedoen.
Paramedici van ER24 het die pasiënte behandel en na die provinsiale hospitaal in Heidelberg geneem vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wonderwerk dat niemand omgekom het nie, om 6 mense in die kar te kry moes van hulle nie vasgegordel wees nie