Kinders was in huis tydens Steynsburg-boer se moord

Brent Gibbons. Foto: Facebook

Brent Gibbons. Foto: Facebook

Die motief agter die moord op Brent Gibbons (45), die Oos-Kaapse boer wat Sondagaand op sy plaas in die Steynsburg-distrik doodgeskiet is, het niks met diefstal of roof te doen nie.

Só het Douglas Stern, die president van AgriSA in die Oos-Kaap, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Ons het ʼn baie sterk idee wat die motief vir die aanval kon wees, maar in hierdie stadium kan ons ongelukkig niks meer sê nie omdat dit die polisieondersoek kan beïnvloed,” het Stern gesê. “Een ding is seker, die aanvaller het nie gekom om te roof nie. Niks is tydens die aanval gesteel nie en dit was nie die rede vir Brent Gibbons se dood nie.”

Maroela Media het vroeër berig Gibbons en sy vrou, Willemien (43), is Sondagaand in hul huis op die plaas Fonteintjie geskiet. Gibbons was glo op pad uit om ʼn waterpomp af te skakel toe hy deur die aanvaller oorval is. Toe Willemien gaan ondersoek instel nadat sy die skote gehoor het, het die aanvaller haar in haar bors en maag geskiet. Sy is steeds in ʼn kritieke dog stabiele toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Port Elizabeth.

Volgens Stern was die egpaar se drie dogters, onderskeidelik drie, ses en sewe jaar oud, ook in die huis tydens die voorval. Hy sê volgens sy inligting was die kinders besig om televisie te kyk en het hulle dus nie gesien hoe hul ouers geskiet word nie. Hulle is nietemin erg getraumatiseerd deur die voorval. Hulle het reeds berading ontvang en familielede sien tans na hulle om.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het Woensdagoggend gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn motief is ook nog nie vasgestel nie. “Die polisie se ondersoek gaan steeds voort,” het sy gesê.

Intussen het Stern gesê AgriSA sal volgende week met die polisie oor die aangeleentheid vergader om uit te vind hoe die ondersoek vorder en hoe hulle die polisie moontlik kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JC ·

Die arme kindertjies!!
AL WAT DIT SAL STOP IS OM PARAAT TE BEGIN WORD EN ‘N TOEGEWYDE PRIVAAT KOMMANDO WAG OP DIE BEEN TE BRING WAT DIE PLASE KAN PATROLLEER. EK WEET DIT IS BAIE GELD, MAAT HET ENIGIEMAND ANDERS ‘N BETER IDEE!!! ONS MOET OP HOU LIEG VIR ONSSELF EN BESEF ONS LEEF OP DIE PLASE IN ‘N “OORLOGSONE”. DIT IS AL WAT GAAN HELP OM DIE WREEDHEDE TE STOP!!!!!!!!!

Koos ·

JC ek stem saam agri Suid-Afrika moet begin onderhandel met die regering om weer die kommando’s in te bring in die vorige plaas aanval is ook gesê daar moet ‘n klasaksie begin word deur die slagoffers van plaasaanvalle om die regering te dwing om die boere se sekerheid op te skerp

Johannes ·

Presies! Al wat gaan help teen aanvalle (dorp en stedelike aanvalle ook!) is ons eie gewapende mag.

Maar blykbaar wil ons Boere eerder petisies teken en met ‘n korrupte polisie probeer onderhandel om plaas aanvalle te prioritiseer…

Johannes ·

Koos, ons Boere moet ophou onderhandel en net begin doen. Ons was mos te gretig om met mandela en sy ANC terroriste te onderhandel en kyk waar het dit ons gebring…

Poplap ·

Die land van ons lewer ‘n generasie van beskadigde kinders op. Kinders wat te veel dood en geweld ken. Kinders wat net ken van hoe mure alarms en vrees. Ek smag vir ons kinders na die dae van onskuld, van buite speel en fietsry sonder vrees. Die dae toe plaaslewe die alfa en omega was van kinderdae want daar kon jy vrylik rond hardloop sonder ‘n bang haar. Waar is die onskuld van kinderlewe heen? Kriminele het dit kom steel

Piet ·

Ek stel voor dat die polisie ondersoek ‘n saak van rassisme wat deur die leiers van hierdie land aangeblaas word. Dis nie noodwendig dit nie, maar dit is waarskeinlik die geval. Hoe dan nou anders as mense gedurig aangehits word om te moor.

lettie ·

SAS en Piet ek stem saam met julle. Ek glo nog al die jare dat moorde op boere en hul gesinne polities en rassisties gemotiveerd is. Die leiers wat se dat ons hul grond gesteel het en dat wittes verantwoordelik is vir swartes se armoede moet internasionaal aangekla word, siende dat wittes op wrede en gewelddadige maniere om die lewe gebring word.

Naas ·

Dis altyd jammer en hartseer as jy sulke goed lees, veral as jy die deel van die wereld en die spesifieke mense ken. My hart gaan uit na hulle toe en ek bid vir hulle sterkte toe. Ek hoop net die skuldiges word gevang vir wat dit werd is. Hulle het regtig on opgevoed opgetree.

Annette ·

Ja Naas ek stem saam met jou. Plaasaanvalle is werklik onaanvaarbaar, maar dit is so hartverskeurend as dit in jou gemeenskap gebeur en dit is mense wat jy so goed ken. Ons kan net vir die slagoffers en mense wat agterbly bid.

m ·

Dis maklik, hy is uitgehaal want hy is n wit boer. Hierdie mense soek mos die grond van die wit boere… Dis so sinnelose daad wat mens absoluut woordeloos los….. Sterkte aan die familie.

Delta Mike ·

Daar word al jare gepraat om weer n kommando stelsel vir plaas beveiliging in werking te stel, goeie idee maar kyk na die realiteit van so n stelsel se goedkeuring, julle nou regtig die huidige kommunistiese terroris regering sal so iets goedkeur, gewapende opgeleide Afrikaners wat omsien na hul mede Afrikaners se veiligheid, ek glo nie.

Koos ·

Natuurlik sal hulle nie maar die feite tel nie in hulle guns nie vat die aantal plaasaanvalle met die kommando en na die ontbinding.

Anti DA ·

Daar is soveel werklose wit kinders en bruin kinders wat nie werk kry oor daar teen hulle gediskrimineer word lei hulle op in sekuriteit en met behulp van borge kry hulle operasioneel om die plase te begin beskerm

Petro van Wyk ·

Omdat ons regering nie wil help om ons te beskerm nie dink ek dis hoog tyd dat ons iemand anders se veiligheidsmagte huur……..

Theresa ·

Roof glad nie noodwendig die issue nie. Moord van ‘n man wat boer, wel. Ek is ook mal oor die idee van ‘n ander veiligheidsmag om ons boere te beskerm teen hierdie wedloop om ons uit te wis.

Petro'kie ·

Ek se hier is soveel van ons mense en ou weermag mense wat sonder werk sit vandag kry n hele paar en begin n plaaswag maatskappy maar sit n paar wagte op die plaas daardeur help ons ons mense met armoede, werkskepping en help ook met veiligheid met ons plaas boere!

Karma ·

Mense, julle lees darem baie eksklusief – Agri SA se woordvoerder het gesê die moord/poging tot moord het niks met roof of diefstal te doene gehad nie, want niks is gesteel nie. Dink mooi: as dit ‘n plaasaanval was of ‘n aanval op die blanke ras, sou die rower(s) nie seker gemaak het dat die vrou doodgeskiet was en daarna ook die kindertjies om die lewe gebring het nie? Sou hy/hulle nie alles was waardevol is – geld, selfone, vuurwapens en ‘n voertuig of twee – gesteel het nie en hulself uit die voete gemaak het nie? Nee, dié klink vir my na iets soos ‘n familie-twis of ‘n liefdesdriehoek wat op geweld uitgeloop het. Kom ons kyk maar wat gebeur ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.