Kinders wees na pa glo gesin probeer verdrink

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Sewentienjarige meisie en haar negejarige boetie is wees gelaat nadat hul pa die hele gesin glo in ʼn gesinsmoord probeer uitwis het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê inwoners het Vrydagmiddag ʼn polisievoertuig in Kroonstad voorgekeer en die beamptes ingelig dat ʼn man en vrou in ʼn motor besig was met ʼn stryery.

Die wit Toyota Corolla was onder ‘n brug in die omgewing geparkeer.

Die polisie is na die toneel ontbied waar die 42-jarige man reeds met sy vrou (36) en die twee kinders in die motor in die rivier ingery het.

“Na bewering het die pa, nadat hy die brug getref en die voertuig in die rivier tot stilstand gekom het, uit die voertuig geklim en die ma saam met hom in die rivier ingesleep,” het Mbambo gesê.

Albei het verdrink. Hul liggame is kort na die voorval uit die water gehaal.

“Die kinders kon uit die motor klouter en het ʼn hawelose persoon in die omgewing om hulp gevra.”

Mbambo het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man homself en sy gesin wou uitwis.

ʼn Saak van moord, poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die gesin was van Khahliso-seksie in Maokeng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maritha ·

Die skuldige is dood. Moenie tyd mors met ‘saak van moord’ nie. Soek liewer die lafaards wat plaas moorde pleeg, swanger vrouens se kele afsny, en ń vrou in di rug skiet terwyl sy probeer weggardloop.

Scalla ·

wat moet ondersoek word as die skuldige dood is of was dalk nog mense betrokke.

Mariaan ·

O nee genade…wat nog!!! Die arme kinders en mamma! Sulke mans moet nooit kinders gehad het nie…

Hennico ·

Maroela Media, maak asb net seker dat julle die regte inligting het asb. Die brug is die Sarel Cilliers brug (Wawiel brug) en die voorval het NIE in Kroonpark gebeur nie, Kroonpark is die oord aan die ander kant van die rivier, die voorval was in n publieke area NIE in die oord nie.

Megan Swart ·

Dagsê Hennico
Dankie vir jou boodskap.
Ons vra om verskoning indien daar ‘n fout was in die inligting – dit is hoe ons dit direk van die polisie ontvang het. Ons het die berig gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.