Regter Joseph Raulinga het Kekana tot 52 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde op Bokang (13), Keneilwe (10), Hlologelo (6) en Lekgoledi (4) in September verlede jaar. Raulinga het in sy uitspraak gesê hoewel Kekana die hof se tyd gespaar het deur skuld op die aanklagte teen hom te erken, weeg die gruwel van die moorde soveel swaarder as sy skulderkenning.
“Wat jy gedoen het, is ’n katastrofe. Hoewel jy die reg op lewe het, moet ek die wense van die gemeenskap ook in ag neem. Die omstandighede in hierdie saak regverdig hoegenaamd nie dat ek jou genadig moet wees nie.”
Kekana is ook skuldig bevind op ʼn vyfde aanklag van aanranding van sy vrou, Lorraine. Hy het vroeër aan die hof gesê hy het die dag van die moorde kwaad geword toe sy vrou oor die telefoon aan hom gesê het hy is “nutteloos”. Hy het daarna besluit om eers sy kinders te vermoor, voordat hy sou selfmoord pleeg.
“Mnr. Kekana het nie net sy kinders op ʼn aaklige manier doodgemaak nie, hy het ook sy vrou seergemaak, asook die gemeenskap van Moletlane en die mense van Suid-Afrika,” het Raulinga gesê.
Kekana het beweer hy was kwaad vir sy vrou omdat sy hom verneuk het. Hierdie bewering is egter nooit in die hof bewys nie omdat Lorraine in trane uitgebars het tydens haar getuienis. Sy het aan die hof vertel dat sy oor die telefoon haar kinders se bloedstollende gille kon hoor soos Kekana hulle een vir een vermoor het.
Desmond Nonyana, Kekana se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hulle sal teen die uitspraak appelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Nie eers n dier sal so wreed wees nie! Dis n siekte wat alhoe meer in hierdie wettelose land gebeur.
Watse wese doen dit aan sy eie vlees en bloed ….SIEK !!!!
Dan is daar nog mense wie sê dat die doodstraf nie toegepas kan word nie. Kan jy dink dat sy kinders wie geskreeu en gespartel het terwyl hy hulle kele afsny, geen gevoel gehad het nie? Hulle moet hierdie koelbloedige moordenaars wie absoluut gevoelloos is in die openbaar ophang dat die ander moordenaars dit sien en hulle daarin verlustig. Hou dan die moordsyfers en hierdie land dop, dit sal erger val as die Rand waarde!
Walglik
Volgens wet het jy mos ‘n reg op lewe, maar jou eie kinders se reg om te leef het jy net so koelbloediglik van hul ontneem. Hul moet jou in ‘n sel sit vol rotte en totaal en al van jou vergeet sodat die rotte jou stukkie vir stukkie kan verslind. Miskien kry jy ‘n idee hoe jou arme onskuldige kindertjies gevoel het terwys hul dit dood in die oë moes kyk. Jy is om van naar te word.