Kinderslagter-pa gevonnis

Lesiba Kekana in die hof. Foto: ANA

Lesiba Kekana in die hof. Foto: ANA

Lesiba Kekana (37), die pa van Limpopo wat sy vier seuns keelaf gesny het, is Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.

Regter Joseph Raulinga het Kekana tot 52 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde op Bokang (13), Keneilwe (10), Hlologelo (6) en Lekgoledi (4) in September verlede jaar. Raulinga het in sy uitspraak gesê hoewel Kekana die hof se tyd gespaar het deur skuld op die aanklagte teen hom te erken, weeg die gruwel van die moorde soveel swaarder as sy skulderkenning.

“Wat jy gedoen het, is ’n katastrofe. Hoewel jy die reg op lewe het, moet ek die wense van die gemeenskap ook in ag neem. Die omstandighede in hierdie saak regverdig hoegenaamd nie dat ek jou genadig moet wees nie.”

Kekana is ook skuldig bevind op ʼn vyfde aanklag van aanranding van sy vrou, Lorraine. Hy het vroeër aan die hof gesê hy het die dag van die moorde kwaad geword toe sy vrou oor die telefoon aan hom gesê het hy is “nutteloos”. Hy het daarna besluit om eers sy kinders te vermoor, voordat hy sou selfmoord pleeg.

“Mnr. Kekana het nie net sy kinders op ʼn aaklige manier doodgemaak nie, hy het ook sy vrou seergemaak, asook die gemeenskap van Moletlane en die mense van Suid-Afrika,” het Raulinga gesê.

Kekana het beweer hy was kwaad vir sy vrou omdat sy hom verneuk het. Hierdie bewering is egter nooit in die hof bewys nie omdat Lorraine in trane uitgebars het tydens haar getuienis. Sy het aan die hof vertel dat sy oor die telefoon haar kinders se bloedstollende gille kon hoor soos Kekana hulle een vir een vermoor het.

Desmond Nonyana, Kekana se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hulle sal teen die uitspraak appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pappa Beer ·

Nie eers n dier sal so wreed wees nie! Dis n siekte wat alhoe meer in hierdie wettelose land gebeur.

Lance ·

Watse wese doen dit aan sy eie vlees en bloed ….SIEK !!!!

Hennie ·

Dan is daar nog mense wie sê dat die doodstraf nie toegepas kan word nie. Kan jy dink dat sy kinders wie geskreeu en gespartel het terwyl hy hulle kele afsny, geen gevoel gehad het nie? Hulle moet hierdie koelbloedige moordenaars wie absoluut gevoelloos is in die openbaar ophang dat die ander moordenaars dit sien en hulle daarin verlustig. Hou dan die moordsyfers en hierdie land dop, dit sal erger val as die Rand waarde!

Chrissie ·

Volgens wet het jy mos ‘n reg op lewe, maar jou eie kinders se reg om te leef het jy net so koelbloediglik van hul ontneem. Hul moet jou in ‘n sel sit vol rotte en totaal en al van jou vergeet sodat die rotte jou stukkie vir stukkie kan verslind. Miskien kry jy ‘n idee hoe jou arme onskuldige kindertjies gevoel het terwys hul dit dood in die oë moes kyk. Jy is om van naar te word.

Annoniem ·

Vandag moun ons oor di nuutste horror flieks wat so swak is, ek dink di film makers moet gaan leer by hierdie koelbloedige moordenaars wat geen gevoel het ni, dis verskriklik om net daaraan te dink dat daardie onskuldige kinders so moes ly en ja mens wil ni eers dink hoe het hulle geskree ni, dis flippen siek

Pieter ·

Soos ek verstaan appelleer iemand as daar ‘n kans is dat die hof tot ‘n ander gevolgtrekking sal kom. Hy het skuldig gepleit. Gaan ‘n ander hof hom nou onskuldig bevind? Of is dit net ‘n plan van die prokureur om te sorg dat hy vir die volgende twee jaar ‘n werkie het waarvoor hy deur die belastingbetaler vergoed word? As die doodstraf dan nie toegepas kan word nie, bêre die ou dat hy nooit weer daglig sien nie. Hy verdien niks meer nie.

GES ·

Pieter ek dink jy het die spyker op die kop geslaan. Hy behoort nie eens toestemming om te appelleer te kry nie.

Gert ·

Hennie ek en miljoene mense stem saam met . ek hoop van harte jy wense word waar .

Hartseer en Woedend ·

Dit is baie hartseer om te hoor dat die mamma begin huil het met ondervraging! Ek kan nie my indink wat sy moes deur gegaan het nie! My seun was bitter biter siek en is byna dood en ek onthou hoe dit vir my was, ek weet nie hoe ons deur dit gekom het nie, en sy moes hoor hoe hare vermoor word! Niemand verdien om deur sulke trauma te gaan nie. Daar is niks wat ek kan sê wat dit beter gaan maak nie, al wat ek kan sê is, ek bid vir haar, baie, baie hard, dat sy deur die tyd sal kom! Baie sterkte.

Die man ( hy is nie die woord pa werd nie) kry miskien nie dood straf nie, maar hy moet weet, hy gaan vir n baie lang tyd sit en hy moet nou begin bid dat hy nie n gangster se nuwe vroutjie gaan word nie, wnat hy sal dit deur en deur verdien! Hy wat so ewe vir die hof gesê het hy wil met sy lewe aan gaan en n man wees vir sy vrou! Ek hoop en bid sy hardloop want as hy sy eie vlees en bloed so kan behandel oor hy kwaad was, dink bietjie wat hy aan jou kan doen as hy kwaad is vir jou!

Onthou net altyd, eendag gaan jy wel daar bo by Ons Hemelse Vader moet gaan versntwoording doen vir wat jy gedoen het hier op die aarde!

Johann Marx ·

Enige individu kan kinders maak…..MIN van hulle kan egter ouers wees!!

Sunel ·

Waarvoor aansoek doen vir appel?? Dink die moorsenaar se prokureur REGTIG hy gaan sy klient los lieg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.