‘Kinderslagter-pa’ weer in hof

mes-aanval

Argieffoto

Lesiba Simon Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy al vier sy seuns se kele afgesny het, sal na verwagting Dinsdag weer in die hof verskyn.

Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Kekana op 17 September in die rondgaande hof in Magatle verskyn op vier aanklagte van moord op onderskeidelik Bokang Kekana (13), Keneilwe Kekana (10), Hlologelo Kekana (6) en Lekgoledi Kekana (4).

“Die beskuldigde het toe aan die landdros gesê hy is nog nie gereed of bereid om aansoek te doen vir ʼn regsverteenwoordiger en borgtog nie, waarna die saak uitgestel is,” het Otto vroeër gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kekana, van Moletlane-Mmatjatji in Magatle, se vier seuns het by hul ouma, Kekana se ma, gewoon. Hy het op 4 September die kinders by haar gaan haal en na Gauteng geneem om by hul ma te gaan kuier.

“Hy en sy vrou was glo nie op goeie voet met mekaar nie. Hy het na bewering die Saterdagaand teruggekeer en al vier seuns vermoor deur hul kele af te sny. Hy het daarna selfmoord probeer pleeg,” het Otto destyds gesê.

Kekana is na die Polokwane-hospitaal geneem vir behandeling en is sedertdien in die polisie se sorg ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Daar is iets skrikwekkends omtrent hierdie spesie wat almal gerieflikheidshalwe ignoreer !
Wat ‘n jammerte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.