Kinderverkragter-burgemeester uit Kannaland-amp verwyder

Jeffrey Donson (Foto: Facebook)

Jeffrey Donson, ʼn veroordeelde kinderverkragter, is uit sy amp verwyder as burgemeester van Kannaland in die Wes-Kaap.

Maroela Media het vroeër berig die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) het ’n ondersoek van stapel gestuur na die verkiesing van Donson. Hy is in 2004 aan die verkragting van ’n 15-jarige meisie skuldig bevind. “Die kommissie neem kennis daarvan dat alhoewel Donson na die Wes-Kaapse hooggeregshof geappelleer het en sy vonnis daarna verminder is, die skuldigbevinding aan verkragting nie betwis is nie,” het die KGG in daardie stadium gesê.

Donson, president van die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa), is in November met behulp van die ANC as burgemeester aangewys terwyl Werner Meshoa as onderburgemeester aangewys is. Meshoa is vroeër aan bedrog skuldig bevind.

ʼn Mosie van wantroue is Woensdag in ʼn raadsvergadering ter tafel gelê. Donson sal steeds as wyksraadslid optree om Icosa te verteenwoordig.

“Ons is baie dankbaar dat Donson as burgemeester verwyder is,” sê Ian Cameron, woordvoerder van Action Society. “Dit is ʼn amp waarvoor hy nooit eers oorweeg moes word nie.” Cameron sê hulle voel sterk daaroor dat geen staatsamptenaar wat skuldig bevind is aan kinderverkragting – of enige ander kriminele rekord het – in ʼn regeringsamp moet dien nie. “Die regering kan nie sê hy beveg geslagsgebaseerde geweld terwyl hy verkragters in diens neem nie.”

Die mosie van wantroue kom ná speaker Nicolaas Valentyn en waarnemende munisipale bestuurder Morné Hoogbaard op 11 Januarie ʼn brief van Rodge Albertus van die Kannaland Independent Party (KIP) ontvang het. In die brief sê Albertus die redes vir sy mosie is dat die uitvoerende burgemeester landswyd en internasionaal negatiewe publisiteit ontvang het en dit het ʼn direkte impak op sy geskiktheid om op te tree as ʼn openbare verteenwoordiger van die Kannaland-munisipaliteit.

Action Society het in November 2021, direk ná die plaaslikeregeringsverkiesing, geëis dat die Donson onmiddellik moet bedank.

Die organisasie versoek ook dat daar dringend aandag gegee moet word oor die funksionaliteit van die nasionale register vir seksoortreders en die belangrike rol wat dit in die regstelsel speel. “Openbare verteenwoordigers wie se besonderhede op dié lys verskyn, moet onmiddellik uit hul amp verwyder word. Ons kan nie toelaat dat veroordeelde kinderverkragters magsposisies in ons land beklee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Shakespeare ·

Wat van die verkragters in die regering wat elke denkbare bate en mensereg verkrag. Hope vd gemors in die ANC/EFF.

Di ·

Dis waar maar meeste van die polisiemag en Parlementslede het ook kriminele oortredings op hulle name. Dis tyd dat ALMAL wat kriminele rekords het afgedank word. Wat geld vir een moet geld vir almal, ongeag van jou pos waarin jy sit. Vroeer jare kon jy GLAD NIE ‘n werk in die Staat kry as jy of enige van jou familie, kriminele rekord agter hulle naam gehad het nie. NOU sit daar duisende in poste met rekords op hulle name. DIE ANC kaders is die mees korrupse skelms wat daar is en HULLE is die wat hierdie mense aangestel het.

Elize ·

Ja Diline toe ek nog vir die Staat gewerk het (gaan nie sê waar nie) moes ek ‘n geweldige veiligheidsklaring ondergaan. Vandag stap jy net in krimineel of te not

Jannie van Niekerk ·

Vandag se tyd MOET jy ‘n krimineel wees om te kwalifiseer vir so pos.

twaalfboor ·

Is hy nie veronderstel om tronkstraf uit te dien nie? Vra namens ñ vriend.

Niklaas ·

Beide daardie top amptenare spog met kriminele rekords. Dink nie die ANC kan trots voel oor dit nie

Hasie ·

Nou wat nou verkragting is verkeerd maar bedrog nie ? Interressant !

Yvonne ·

En daar is honderde wat weg kom…….hoe tragies….geen skaamte vir sy dade nie..siek verby

Blikkies ·

Die onder Burgemeester Werner Meshoa het dan ook ‘n Kriminele rekord? Gaan hulle hom nie ook laat verwyder nie>

Swerwer ·

Dankbaar dat hy verwyder is as Burgermeester maar wat van al die ander 1000de ANC Kaders wat is bestuurposte, Ministriële Poste en in die onderwys is. Wat van hul? Begin bo by die Kabinet en maak skoon tot op werkersvlak en sien wie bly oor wat werd is om ons land en Munispaliteite te bestuur.

Dup ·

Met sy “CV” behoort hy by die regerende party aan te sluit.

Jannie van Niekerk ·

ICOSA is ‘n onderafdeling van die regerende party. Daar is absoluut geen verskil tussen ICOSA en ANC nie. ICOSA lede is net ANC lede wat nie die lys ghaal het nie.

JohanR ·

Moes nooit in die eerste plek in die amp aangestel gewees het nie…….VERKRAGTER!

Jannie van Niekerk ·

Vir ICOSA, ANC, EFF, SAKP en diesukes is verkragting, kindermoletsering en bedrog nie misdaad nie. Ons eie rooi Julius het dan die vrou wat deur oud Pres Zuma verkrag is ‘n prostituut genoem. En Zoempies het vir jarer president gebly ongeag die feit dat hy die dame verkrag het. Met instemming van ons huidige president.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.