Kinderverkragter sit lank

Argieffoto

ʼn Volwasse man is onlangs swaar gestraf nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn sesjarige meisie van die Oos-Kaap.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die verkragter, Luvuyo Vakala, is op 12 Mei in die Grahamstad-hooggeregshof gevonnis vir die verkragting wat in Julie verlede jaar in Mdantsane plaasgevind het.

“Die meisie het saam met haar maatjies gespeel toe die beskuldigde haar genader het en haar gevra het om vir hom sigarette te gaan koop,” het Roelofse gesê.

“Toe die meisie die sigarette vir hom bring, het hy haar in sy plakkershut ingenooi om vir haar skyfies te gee. Een van die slagoffer se maatjies het besef sy is lank saam met die vreemde man weg en het die meisie se ma daarvan vertel.”

Die meisie se ouers het na haar begin soek en toe hulle by Vakala se plakkershut kom, het hulle die deur oopgestamp. Hulle het hul dogter daar gekry, maar Vakala het toe reeds gevlug.

ʼn Saak is op 30 Julie by die Molteno-polisie aanhangig gemaak en die meisie is vir mediese behandeling gestuur. Vakala is kort daarna in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding en sy borgtogaansoek is op 23 Augustus van die hand gewys.

Regter ML Beard het Vakala skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van verkragting.

Brig. Xakavu, bevelvoerder van die Aliwal-Noord-polisiëringgebied, het die ondersoekbeampte, sers. Sehloho Mokheseng, gelukgewens vir die goeie ondersoekwerk want tot die skuldigbevinding en swaar vonnis gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Reg gestraf. Soek die een wat die sigarette aan die jong kind verkoop het en straf hom ook.

Theresa ·

Die regte straf vir hom. Hoop hul stel ondersoek in wie aan die jong kind die sigarette verkoop het – straf hom ook sommer.

John ·

Wanneer gaan ouers hulle kindertjies begin oppas? Kleuters wat in strate speel sonder toesig! Sjoe tog, sulke onskuldige goedjies moet ongelooflike trauma beleef. Die ouers moet ook swaar gestraf word vir hul onverantwoordelike gedrag. Indien kleintjies by ‘n dagmoeder of kleuterskool seerkry, word howe woedend genader, maar in die ouers se sorg… kom wat wil… die ouers bly blaamloos…

Alida ·

Stel die doodstraf in vir die verkragters. Net dalk sal hul begin dink, wat kry n man daaruit om dit aan n kind te doen? Die ouers moet ook na hul kinders kyk die dae is verby om jou kind sonder sorg buite te laat speel.

Ouma ·

Darem so onregverdig dat ouers hul kinders 24 uur per dag moet dophou omdat die skuim van die aarde buite is. Kinders wil buite speel soos ons gedoen het toe ons kinders was. Nou hou ons sulke gemene skurke op staatskoste aan die lewe in tronke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.