Kinderverkragter swaar gevonnis

Argieffoto

Thokozani Mvalelwa (34) is vandeesweek swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan vyf aanklagte van die verkragting van kinders.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Mvalelwa, van Louisiana in Port Shepstone, is Dinsdag gevonnis nadat hy vroeër in die Port Shepstone-streekhof skuldig bevind is aan vyf aanklagte van verkragting wat tussen Junie en Oktober 2016 in die Louisiana-omgewing gepleeg is.

“Mvalelwa is Oktober 2016 in hegtenis geneem nadat hy ʼn sesjarige meisie verkrag het. Die meisie is op dié dag na ʼn winkel naby haar huis in Louisiana gestuur. Terwyl sy na die winkel geloop het, het hy haar voorgekeer, na sy kamer gevat, haar verkrag en R2 gegee om stil te bly,” het Mbhele gesê.

Die meisie het na haar huis toe gegaan en haar ma vertel wat gebeur het. Die voorval is by die Port Shepstone-polisie aangemeld vir ondersoek.

“Soos die ondersoek gevorder het, het dit aan die lig gekom dat die skuldige minstens 13 kinders uitgelok het. Hy sou met hulle speel en lekkers aanbied, waarna hy hulle sou verkrag.”

Mbhele het gesê ná ʼn uitgebreide ondersoek kon die ondersoekbeampte egter net daarin slaag om met vyf slagoffers se sake voort te gaan aangesien die ander slagoffers nie in staat was om te getuig nie.

Mvalelwa was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding nadat die staat sy borgtogaansoek suksesvol teengestaan het.

Mvalelwa het skuldig gepleit op al vyf aanklagte. Hy is lewenslange tronkstraf op elke aanklag van verkragting opgelê en gevolglik tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Se net.. ·

In my opinie is dit nie eers genoeg nie.. maar ek dink jy gaan in die tronk met meer as kinders te doen kry…. :(

Stefaans ·

Ek dink nie hy was swaar gevonnis nie – die vonnis was maklik en die straf is swaar.

Nico ·

Hierdie vonnis is niksseggend. Dit moes gewees het “Tronkstraf vir die res van sy natuurlike lewe, sonder die moontlikheid van parool”. Dit beteken tronkstraf tot dat hy dood is , sonder parool, ooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.