Kindverkragter kry 15 jaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is in die Empangeni-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy verlede jaar ʼn negejarige meisie verkrag het.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê Bongani Ndimande is Vrydag in die hof skuldig bevind en gevonnis op aanklag van verkragting.

Ndimande het op 16 November die negejarige slagoffer na ʼn winkel in die Nseleni- informele nedersetting gestuur. Toe sy teruggekeer het, het hy haar in sy huis toegesluit en verkrag. Hy het haar met die dood gedreig as sy iemand oor die verkragting sou vertel.

“Die slagoffer het nie die voorval aangemeld nie en Ndimande het haar weer verkrag. Sy het daarna haar ouma vertel en die polisie is in kennis gestel,” het Naicker gesê.

Ndimande is kort daarna in hegtenis geneem en het verskeie kere in die hof verskyn voor sy vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Net 15 jaar? Party lande gee dan nog die doodstraf vir verkragting.

Peet Schabort ·

Stem volkome saam maar moet eintlik met sy lewe boet.

Francis Linstrom ·

Wat n skande, 15 jaar en dan weer op parool lank voor die 15 jaar om is.. Die vonnis van die reeksverkragter en moordenaar is absoluut gepas.

SNEL ·

Jammer dat so iets met so klein mensie gebeur het, maar gelukkig het sy na die tweede keer gepraat, anders sou dit sekerlik vir jare aan gegaan het.

CHRISTA ·

Hy verkrag haar TWEE MAAL en kry net 15 JAAR!! Ek hoop iemand in die trunk sien hom reg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.