Kindverkragter kry lewenslank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn vyfjarige meisie.

“Masilo Phillip Maenetja (28) is deur die Naphuno-streekshof naby Tzaneen tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die ontvoering van die meisie, en lewenslange tronkstraf vir haar verkragting,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Maenetja het die meisie drie jaar gelede in Lephephane in Maake ontvoer en verkrag. Hy is van dieselfde omgewing en het die slagoffer na sy huis geneem en haar ʼn hele aand lank herhaaldelik verkrag. Die meisie het die polisie na die tyd van die voorval vertel, waarna hy in hegtenis geneem is.

“Ons verwelkom sulke swaar vonnisse vir misdade van dié aard,” het genl.maj. Benny Ntlemeza, waarnemende provinsiale woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.