Kings verras in Canberra

20130405-212642.jpg

George Whitehead

Suid-Afrika se Southern Kings het gedoen wat die magtige Bulls nie laas naweek kon doen nie: hulle het gelykop met die Brumbies in Canberra gespeel.

Die eindtelling was 28 elk nadat die Brumbies 19-14 teen rustyd voor was.

Die Oos-Kapenaars het hul kritici se monde behoorlik gesnoer nadat verskeie ander oorsese spanne ook reeds hard moes baklei om hulle die laaste paar weke ore aan tesit.

Die Brumbies het twee punte ontvang danksy hierdie uitslag en het weer die eerste plek bo-aan die gekombineerde punteleer ingeneem met die Chiefs wat ‘n loslootjie hierdie naweek het. Die Kings het drie punte in die sakkie vir die gelykop-uitslag sowel as vier drieë omtvang. Hulle bly egter laaste op die Suid-Afrikaanse punteleer.

Die tuisspan het twee drieë deur Henry Speight en Joe Tomane gedruk. Christian Lealiifano het altesame vyf strafskoppe deur die pale gejaag terwyl Nic White een oorgeskop het.

Die Kings het egter gewys hulle het witlyn-koors en Schalk Ferreira en Wimpie van der Walt het elkeen een drie gedruk terwyl Cornell du Preez twee ingeryg het. George Whitehead het drie van sy span se drieë verdoel en Demetri Catrakilis het die telling aan die einde gelykgemaak met nog ‘n verdoeling.

Die Kings speel volgende week teen die Super15 se sukkelspan, die Melbourne Rebels, en te oordeel aan vandag se vertoning kan die mense in die Baai dalk net hul span se eerste oorwinning in Australasië te wagte wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.