Kinnear-gesin verseker van geregtigheid

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

Die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie het die weduwee van lt.kol. Charl Kinnear verseker dat hy daartoe verbind is om geregtigheid te laat geskied en iemand vir haar man se moord verantwoordbaar te hou.

Kinnear, bevelvoerder van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, is in September verlede jaar koelbloedig buite sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Die komitee het Dinsdag ’n versoekskrif van Nicolette Kinnear met verskeie vrae rakende die moordondersoek oorweeg.

“Wees daarvan verseker dat die komitee nie hierdie saak sal laat vaar voordat ons geregtigheid vir jou en jou seuns gevind het nie,” het Tina Joemat-Pettersson, komiteevoorsitter, gesê.

Volgens Joemat-Pettersson sal die moordondersoek op die komitee se agenda bly totdat antwoorde op Kinnear se vrae gevind kan word.

Nicolette en Charl Kinnear. (Foto: Verskaf)

Die portefeulje het egter nie die aard van Kinnear se vrae bekend gemaak nie.

Die komitee het verder beklemtoon dat dit noodsaaklik is om die interne en kriminele ondersoek na die saak te bespoedig om geregtigheid en aanspreeklikheid te verseker.

Maroela Media het vroeër berig Zane Kilian (39) word met die topspeurder se moord verbind.

Kilian is kort ná die moord in hegtenis geneem en word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die onregmatige onderskep van kommunikasie. Hy het glo maande lank lt.kol. Kinnear se selfoon nagespoor.

Die saak is intussen egter verskeie keer uitgestel.

Killian sal na verwagting weer in Maart in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding hangende die uitkoms van sy borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Sure ja… ‘n man van staal, eggenoot, vermoor omdat die POLISIE MINISTER hom nie wou beskerm nie! As Cêle en sy vrot trawante in die tronk sit as moordenaars, dan sal geregtigheid dalk geskiet

Moedeloos ·

Hulle moet alle moorde as dringend beskou en die moordenaars vastrek

pestilensie ·

Wat gaan aan , en hier in my eenvoudigheid verstaan ek hulle het dan die moordenaar vasgetrek . Of was dit nou maar raai raai tepaai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.